Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oppergesag

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 31 Maart 2017 Aantal woorde: 94 111 Kere gelees 13

‘Ek wil nie aanbid word nie…’ fluister die jong vrou aan die hoof van die tafel terwyl sy na haar weerkaatsing in die glimmende hout staar. ‘Ek wil verskrik!’

Wind ruis deur die vertrek en waai al die geskenke weg.

Almal sit regop; niemand durf na haar kyk nie. Alhoewel hulle haar bemin omdat sy ontslae geraak het van die vyand se vloot met haar mag oor lug, maak sy hulle nog steeds bang.

‘Jammer om van jou probleme te hoor. Eet jou eiers,’ sê haar ma soos sy ‘n bord voor haar neersit.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Maart 31, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Menseregte en morele wysheid projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 43
    Kommentaar telling: 243

    Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar.My wêreld draai om my twee Rottweiler seuns – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my blog https://ronelthemythmaker.wordpress.com/.

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 84 gaste aanlyn