Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Opklits van woorde

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 16 Mei 2017 Aantal woorde: 93 80 Kere gelees 3

Opklits van woorde

Maak my digsels ooit vir jou sense
of klink dit alles sommer bietjie kens
‘n string gedagtes deur ‘n letter-lens
geblikte sielekos in my woorde-spens

wat sou die wêreld se behoefte wees
wat wil mens hoor, wat wil mens lees
wil jy lag of dalk voel jy bedees
almal soek tog kos vir ‘n honger gees

oopgemaak, oopgevlek en oopgesprei
vir ieder een en elk wat hier wil wei
my hart, my oor, my oog – sorgsaam voorberei
jou siel te voed – jy kan met liefde kry!

© Barbara Smit – 16/5/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Mei 16, 2017

      Ek hou hiervan Barbara. So klits ons maar ons woorde op en deurmekaar tot dit vir ons sense maak. En ja, jou digsels maak mooi sense.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 117 gaste aanlyn