Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Opbouende kritiek is vandalisme

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 27 Junie 2017 Aantal woorde: 66 19 Kere gelees 1

Steek jou oë weg
My liefste
Die wëreld sien
Jou hart daardeur
Neem jou woorde
Doop dit in
Jou diepste wense
Hang dit uit
By jou kamervenster
Om te wapper
In die winterswind
Verf jou naam
Teen hul mure
In bloed
En aalbessievla
En skryf
gedigte in die
Reën
Maar steek jou oë weg
My liefste
Jy sien
Die wêreld se hart
Daardeur




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 27, 2017

      Stunning

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 88 gaste aanlyn