Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: OP VRYE VOET

Deur HelenaMellet
Datum gepubliseer: 28 April 2017 Aantal woorde: 57 57 Kere gelees 2

Olifant in die vertrek
kolossaal is die probleem
flenter stukke waar jy getrap het
die pad van verwoesting agter jou
en deur ons harte
oor ons lewens die spore geëts
leier van die trop
afgedwaal en losgebreek
het jy van jou pligte vergeet
die kalfies by die koei gelos
en voort gefoeter
die duisternis in

©HMellet




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van HelenaMellet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 103
    Kommentaar telling: 76

    Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 62 gaste aanlyn