Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ONTPLOFFING VAN VRYHEID

Deur Francois Meyer
Datum gepubliseer: 5 Julie 2017 Aantal woorde: 53 82 Kere gelees 2

sonder om my letters
te kompenseer
het jy my sinne
soos ‘n epigraafgod
moeisaam gemoduleer –
reëls in vers gekomponeer
strofes gesinkopeer
deur ril-resoneer

maar, kyk!

daar
val
‘n
veer

my pen het met Vryheid gekopuleer
en sy rebelse ink oor blaaie
g e ë j a k u l e e r




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 5, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Francois Meyer

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 18
    Kommentaar telling: 18

    Francois Terblanche Meyer is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy het in 2012 aan Hoërskool Fichardtpark gematrikuleer. Tempora Animus, Francois se debuut digbundel, is op 26 September 2013 en Onder die Dekmantel, sy tweede digbundel, op 17 Januarie 2015 vrygestel. Op 30 Oktober 2015 het Francois Onder die Dekmantel: Die Spesiale Uitgawe vrygestel – ‘n spesiale weergawe van Onder die Dekmantel asook Tempora Animus. Op 25 Junie 2016 het Francois sy amptelike derde digbundel, Digtershart, vrygestel. Dié bundel het na die aand van bekendstelling reeds 50% uitverkoop. Francois beskou dit as die laaste skoonskryf in ‘n trio van emosionele en persoonlike digbundels. Op 21 Januarie 2017 het Francois sy eerste prosastuk, Die wêreld deur haar oë, vrygestel. Dié boek vertel ‘n storie van ‘n vrou en haar stryd met Lupus (‘n outo-immuunsiekte) en raak aan die liggaamlike, emosionele en geestelike aspekte daarvan. Francois het Die wêreld deur haar oë aan sy ma, Anne-Marie Meyer, opgedra. “Die boek is my ma se getuienis en verhaal. Ek het die pad in haar skoene geloop tydens die skryf van hierdie boek, nadat sy in 2007 met Lupus gediagnoseer is. Die skryfproses van hierdie boek het my ook genees.” Francois het na bekendstelling van hierdie boek hande met Lupus SA (NPO 173-306) geneem en 10% van alle verkope van dié boek word aan hulle geskenk. ‘n Groot aanvraag het die Engelse weergawe, The world through her eyes, die lig laat sien op 5 Augustus 2017. Weens groot aanvraag na spoedige uitverkoping van vele oplae van sy eerste drie digbundels, het Francois op 15 Junie 2017 ‘n volledige omnibus van Tempora Animus, Onder die Dekmantel en Digtershart vrygestel. Hierdie versamelstuk (waarvan daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid voorraad vrygestel is) staan bekend as Digtershart Drie-Kuns. Francois het op 9 September 2017 sy vierde digbundel, Pendulum, vrygestel. Pendulum se hooftema is ‘Tyd’ en bestaan uit 70 gedigte, waarvan elke gedig ‘n potlood / houtskool illustrasie deur Magda Labuschagne bevat. Op 4 November 2017 ontvang Francois twee toekennings by INK Skryf in Afrikaans se prestige gala-aand. Sy rubriek, Marlboro walms en skietgebede word as Rubriek van die jaar gekroon. Hy het ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die jaar verower. Hy woon tans in Bloemfontein en sy grootste droom is om ander deur middel van kreatiwiteit in hul drome te laat glo. Hy staan ook sterk vir kreatiewe vryheid. “As jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie!”

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 96 gaste aanlyn

    Bydrae Totale