Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ontknoop die lente

Deur Palet
Datum gepubliseer: 18 Augustus 2017 Aantal woorde: 68 33 Kere gelees 2

Koue sif oor die veld
verkleur alles van groen na bruin
soos flenters van hoop en vrede
wat hang aan bome se takke

Vensters staar kaal en sielloos
na buite
en die wêreld glimlag met ‘n traan
na die nuwe blos op die maan

Ek wil die eindelose wydte van
my liefde oor jou gooi
‘n stukkie kleur tussen dorre gras
die veld met sy glimlag bestrooi




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Augustus 19, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus As seisoene vir ons draai projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 201
    Kommentaar telling: 293

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 10 gaste aanlyn

    Bydrae Totale