Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Om weet te leef

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 3 September 2017 Aantal woorde: 97 42 Kere gelees 7

Jy weef vir my ‘n mat
so sweef ons hoog bo die grond
oor dale,
oor berge,
hoog bo wolke.

Jy sing vir my ‘n lied
wat eggo’s vleg om my siel
beroof my ruimtes van stiltes
so neurie ons saam met die wind
en dans in die strale van die son.

Jy skilder vir my ‘n lewe
waarin ek myself kan verhewe
geroesde realiteite ruil om te vergewe
‘n droom te baar met arendsvlerke
so sal die verlede homself onverpoos begewe.
God is goed
en die lewe is ‘n oasisryke woestyn.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 77
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 36 gaste aanlyn

    Bydrae Totale