Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oggendstond

Deur Anze
Datum gepubliseer: 4 Augustus 2017 Aantal woorde: 38 34 Kere gelees 2

die son breek
soos ‘n rooi papawer
oor die kim
terwyl die wind
met sy rietjiesasem
oor boomtoppe fluit en
onder die Wildesering
buig die roosknop
eerbiedig
soos ‘n bruid
onder die kir-sang
van die tortelduif

© Anzé Bezuidenhout




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Augustus 14, 2017

      ‘n Pragtige bydrae met ewe eens ‘n pragtge foto!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Anze

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1416

    Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 29 gaste aanlyn