Jongste aktiwiteit:

Ode van ‘n renoster

Ode van ‘n renoster

My hart breek in stukke en ek voel jou pyn
en die vrees dat jy van die aardbol kan verdwyn
veg ons teen ‘n oormag wat jou een vir een
skiet en in stukke opkerf en ons hartstogtelik daaroor ween

Ek sien in my geestesoog hoe jy hardloop en vlug
gewetenlose gewere skiet geluidlose skote in jou rug
deurboor koeëls jou lyf en val jy pynvol bloeiend neer
jou verwarde kalfie en jy jul nie teen wreedaards kan verweer

Ek weet dat jy dalk vir jou kind verbete kon baklei
maar die oormag te groot as jou lewe stadig uit jou gly
sae messe jou horing dalk nog lewendig begin saag
jou bloed spuitend spoeg en jou lewe stadig stadig vervaag

Besoekers in die wildtuin ry ver om jou statigheid te ervaar
word jy saam met ander diere vir ons nageslag bewaar
ek vir ure na jou en jou horing en hoe jy wei kan kyk en geniet
afneem en die plesier van kykgenot wat jy en kleintjie my bied

Ek weet hoe mense veg om jou te laat oorleef elke dag
met wagte kampe heinings en planne teen die mag
van stropers wat skelm in die dag en nag jou kom dood
om teen ‘n prys jou wit goud verruil vir geld en brood

Ek huil want ons nageslagte gaan net op foto’s jou ervaar
die menshande wat jou moes versorg speel nou met jou klaar
jou bonkige sterk trotswees het geen kans teen man en geweer
word jy in jou spore gestop en een skoot jou tot stilstand keer

Stroper ja jy met die geweer in die hand wat renosters verraai
geslepe, doelgerigte, afgemete korrelvat jou geweer gelaai
ons kleinood finaal met een skoot in die stof laat byt
vir note in jou sak en rykdom en doepe vir ander tot ons bittere spyt
Stroper sal ons jou ooit kan stuit teen jou aanslag so fataal
sal ons ooit met al ons pogings oor jou die oorwinning behaal

oor my wange druppel die trane van verdriet en val in die sand
as ek besef dat God se toevertrou sterf aan ons mensdom se hand
net soos die trane in die sand wegsypel, verdamp en verdwyn
jy ook so finaal gaan verdwyn en huil my hart van hartseer en pyn!

©Kopiereg Linda du Plessis 2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed