Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: O, MY MOEDERSKNIE TAAL!

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 2 Julie 2017 Aantal woorde: 107 51 Kere gelees 2

Piepklein babahandjies
knie teen moedersbors.
Sagte rosige lippies
suig gulsig van die dors.
Later in die lewe,
‘n knie-nerf-af warrelwind. . .
teen haar ma se voorskoot,
staan en snuit die kind.

Eendag wanneer sy groot is
òòk met baba op die arm,
leer sy hom sy moedertaal,
dit maak haar hart sò warm!
Hoe dan enigsins anders. . .
van geslag tot wie weet wie,
dit ingekry met moedersmelk
en deur spoegies op die knie.

Met lees en praat en sing,
is ons taal lewend gehou.
Deur ons stoere Afrikaners,
met trots daarop voortgebou.
Mag ons as Afrikanervolk
uit ons pragtige Afrikaanse taal
se mynvelde, die suiwerste
blink taalstene haal!




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Julie 4, 2017

      Dis is so, ja. Lekker gelees.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Vonnie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 1
    Kommentaar telling: 35

    Ek is diep dankbaar vir my Godgegewe talent om skrywer te kan wees.  My DNA (DoenNetAfrikaans!) is deurdrenk daarvan, wat my dring om te skryf oor vreugdes en ja, ook swaarkry. Maar die lewe bestaan nie net uit wit of swart nie. Daar is ook die grys met skeutjies humor vervleg, wat sorg vir die lag met die traan. Ek is 'n trotse Christen Suid-Afrikaner en is verlief op Afrikaans, my moedersknie taal!  

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 91 gaste aanlyn