Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nuwe Verdeling

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 4 Augustus 2017 Aantal woorde: 1328 176 Kere gelees 9

Die Donker Koning staan op die hoogste balkon van sy kasteel. Aan die ander kant van sy sneeu bedekte land kan hy Avalon sien. Die lug is swart so ver soos wat hy kan sien. En hy kan baie ver sien.

Feë van elke soort kruip weg in hul bome, onder rotse en gekamoefleer soos hulle oor velde van bloedrooi papawers hardloop om weg te kom van die Feë Koningin se foltering.

Ciarán klou aan die balkonreling soos nóg ‘n rondte donderweer in die grond inslaan. Feë verdwyn van dié bestaansvlak soos hulle getref word waar hulle wegkruip met die naskok.

Selfs die magtige Feetjie Honde lyk senuweeagtig in hul deel van Feërie, alhoewel hulle beter daaruit sien as die res van Feërie se bewoners.

Weerlig dans orals rond soos stortreën belowe om almal te verdrink. Selfs die Selkies.

Hy trek sy gesig en stoot die reën uit aansyn. Soos hy haar toorkrag raak kan hy haar hartseer voel. Dit laat ‘n slegte smaak in sy mond agter.

Soos die reën terugwyk in die vorm van digte mis, bly verbryselde donderweer en verblindende weerlig agter.

Dit was erger.

As val soos sneeu soos weerlig alles verbrand terwyl donderweer die wêreld uitmekaar ruk. Die wind loei deur bome en om hoeke: hartverskeurende skreeue van pyn.

Ciarán slaan die balkonreling met sy vuis soos weerlig orals – daar’s geen ander woord daarvoor – spat en ‘n hele kaboutermannetjie stam uitwis.

Hy stop tyd en sweef oor na die Feë Koningin se lushof in Avalon.
#
Herinneringe warrel om hom, verlate, soos hy die lushof binnetree. Dit was veel erger as om aan haar toorkrag te vat.

‘Wat gaan aan met jou, Mae?’ vra hy so gaaf soos hy kan.

‘Niks,’ kom dit van die leuningsofa in die middel van die chaos van bloureën en grepe van herinnering.

Ciarán ril soos die gesig van Jamie MacKinnion – die Galno wat sy hele stam uit Feërie gelei het twee weke terug – draai voor hom, groter as wat dit moet wees. Party romanses is net nooit bedoel om uit te werk nie, Mae se huidige optrede is bewys daarvan.

‘Wel, dan het ons ‘n ernstige probleem. Veral omdat hierdie niks oorspoel in my deel van Feërie en my Feë uitwis.’

‘n Sug is al antwoord wat hy kry.

Flikkers van moontlikhede reik uit na hom. Dit was ‘n verbasende gesig: die noodlot het hom eindelik gevind.

‘As dit voortduur, sal ek geforseer wees om iets te doen wat jy my al hoe lank smeek om nie te doen nie. Ek sal ‘n nuwe verdeling tot bestaan roep.’ Ciarán kyk slu na die Feë Koningin wat net staar na die massa herinneringe bo haar. ‘Jy sal jou kant hê en ek myne. En wat in die middel oorbly sal die skrikwekkendste plek in enige dimensie wees. Daar sal geen balans wees nie.’

As daar enige reaksie van die ander monarg was, het hy dalk opgegee met sy gekonkelry. Maar vir die eerste keer in millenia het hy die kans om te doen wat hy nog altyd wou: absolute chaos veroorsaak.

‘Het ek jou toestemming, Andromeda?’ vra hy formeel. Alle groot veranderinge moet van albei kom.

‘Jy moet doen wat jy moet, Ciarán. Ek gee nie om nie.’

Ongelowig hou hy haar dop. Die veraf kyk in haar oë vertel hom dat sy die waarheid praat.

‘So sal dit wees.’

Die grond gee in tussen hulle. ‘n Helder flits verblind hom soos tyd begin wasig raak. Hy kan Feërie voel skuif. Hy kan die trekkrag voel soos alle Donker Feë hulself buite sy kasteel bevind. Hy kan die energie van all Mae se onderdane voel soos hulle buite haar lushof vergader. En ver weg, kan hy die Alleenloper Feë voel verhuis na die mensewêreld.

Oor die newels van tyd kan hy Mae se stem hoor: ‘Elke verlies, elke lyn, elke waarheid vooruitvertel wys dat die koste te hoog is. Balans, Ciarán. Onthou jy wat ek vir jou so lank terug vertel het? Nie lank van nou af nie sal jy nêrens hê om weg te kruip nie en jy sal kry wat jy verdien.’

Ontdaan skuif hy deur tyd en sien die smeebare deurmekaarspul wat Feërie is. Avalon en die lande van die Feetjie Honde is aan een kant en sy donker lande aan die ander van waar teenoorgestelde kragte ontmoet. ‘n See van onmin, geweld, prag en wreedheid skei hulle almal.

Daar is geen manier om oor die nuwe verdeling te kom nie.

Met ‘n grynslag sien hy die gevolge van sy dade. Die Helder Feë dink alreeds dat hulle beter is as enigiemand anders. Die Donker Feë verloor die laaste van hul goedheid – dit gaan nie lank vat voordat hulle heeltemal donker is nie. Met tyd, sonder balans, sal hulle almal die ergste weergawe van hulself word.

Ciarán lag. Elke deel van Feërie gaan die wese van nagmerries wees.

Hy glip deur ‘n poort na die mensewêreld terwyl Feërie probeer om haar voete te vind. Dit was tyd om ‘n ander plan in aksie te sit terwyl Mae te omgekrap is om haarself daaroor te bekommer.
#
Bome toring bo hom en die bladaarde absorbeer sy treë. Op ‘n randjie wat ‘n goeie uitsig gee van die torings van ‘n kasteel, staan ‘n jong vrou geklee in ‘n swart rok en mantel.

‘Morgana Pendragon. Dis ‘n plesier om jou eindelik te ontmoet.’

Die vrou draai om en hou hom versigtig dop.

‘Onbeskof van my. Ek is Ciarán, Koning van die Donker Feë.’

‘Jy kan doen met ‘n bietjie son,’ sê sy en draai terug na die uitsig.

‘En jy kan doen met my hulp.’

Sy draai terug met vernoude oë.

‘Hoekom sal jy my help?’

‘Jou sukses sal ‘n paar van my pogings sterker maak.’

Sy hou hom steeds dop met vernoude oë. ‘Ek luister.’

‘Jy het reeds met die idee rondgespeel om jouself in twee te verdeel.’

‘Dis onmoontlik. Selfs vir iemand so magtig soos ek.’

‘Met ‘n bietjie hulp van my, kan jy al jou drome verwesenlik. Jy sal baie meer krag hê en soveel meer kan verower as daar twee van jou is.’

‘Hoe?’

‘Die ander jy kort net ‘n bietjie van my bloed.’

‘Die koste?’ Haar oë glim gretig.

‘Die ander jy gaan Feë word. Heel moontlik iets met drake te doen…’

‘Afgesproke!’

Ciarán kyk hoe sy haar krag oproep om haarself in twee te verdeel. Dit was amper so verbasend soos toe die noodlot hom gevind het.

Krag van Feërie trek deur die mensewêreld en Morgana word twee.

Die Donker Koning grynslag: dis presies wat hy gehoop het sou gebeur.

‘n Vrou in swart en ‘n vrou in rooi lê op die grond.

Hy kniel langs die vrou in ‘n rooi rok en mantel. Hy sny sy pols en kry haar om van hom te drink.

‘Rustig, Morgan,’ sê hy soos sy beweeg. Haar oë gaan oop: oë gevul met vuur.

‘Wat het gebeur?’ vra Morgana, die vrou in swart.

‘Ek het my deel gedoen.’

Morgan en Morgana kyk vir mekaar. ‘n Identiese breë glimlag verskyn op hul gesigte.

‘Gaan. Julle het tyd nodig om jul planne in orde te kry.’

‘Dankie,’ sê Morgana met gevoel.

Morgan maak ‘n kniebuiging, die deel van haar wat Feë is weet dat hy haar heerser is, voordat sy weggaan saam met Morgana.

Ciarán grinnik soos hy hulle dophou waar hulle verdwyn in die woud. Terwyl Morgana die voorspelling wat oor haar geskryf is uitleef, sal Morgan verwoesting saai met haar obsessie met die kragte van drake en die toorkrag van mense.

‘n Labirint sal ‘n lekker wegkruipplek vir haar maak…

Hy fluit opgewek soos hy terugkeer na Feërie en die Skeur wat hy veroorsaak het.
##
*Hierdie storie is deel 2 van ‘n nuwe 3 deel storie wat parallel afspeel met “Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond”.*




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 42
    Kommentaar telling: 244

    Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar.My wêreld draai om my twee Rottweiler seuns – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my blog https://ronelthemythmaker.wordpress.com/.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 84 gaste aanlyn