Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nuwe lewe…nuwe liefde…

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 2 Mei 2017 Aantal woorde: 97 111 Kere gelees 3

Nuwe lewe…nuwe liefde…

Vroeg maak die oggend ons wakker
met die mis van verwagting se geur
speel sag oor die hoopvolle landskap
en kielie die lewe se fleur
verby koue eensaam aande
wat die dans uit jou voete kom steel
lank gewag vir die grys groue hemel
te verchroom, te verhelder tot blou
so kom ons omhels nou die lente
kaleidoskoop van vars nuwe kleur
en vang die son se skaam strale
dat die newels van twyfel verdamp
miskien, net miskien bot ons liefde
kan ek dit vleg in ‘n kroon net vir jou.

© Barbara Smit – 2/5/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Mei 2, 2017

      “Vroeg maak die oggend ons wakker
      met die mis van verwagting se geur”

      en

      “verby koue eensaam aande
      wat die dans uit jou voete kom steel”

      Ek hou baie baie hiervan. Goed geskryf Barbara

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 19 gaste aanlyn