Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nuwe drome

Deur Palet
Datum gepubliseer: 13 September 2017 Aantal woorde: 58 28 Kere gelees 1

Somber blou en grys
geel en oranje strepe
verf flou sonstrepe
wat woes in die lug gryp

Die nag is lank
die wind is koud
en ek soek-soek
tussen die sterre na jou

Op ‘n einde is die winter
gister se verliese
word vandag se nuwe drome
maar vir nou is jy
net ‘n stille gedeelte van my




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      September 13, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September – Lente projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 201
    Kommentaar telling: 293

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 62 gaste aanlyn

    Bydrae Totale