Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nuwe begin

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 22 Maart 2017 Aantal woorde: 66 76 Kere gelees 2

so het ek jou gedroom, gewens dat jy moes kom
jou donshaartjies teen my wang
jou mondjie soekend teen my bors
jou lyfie styf teen my voel alles so bekend
kreukel-voetjies wat vêr paaie moet loop
vingertjies wat om myne krul en ogies wat opkyk na my
noudat jy hier is buite jou beskermde wand
wil ek net die tyd terugdraai
ons geknipte naelstring lap




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 17 gaste aanlyn

    Bydrae Totale