Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE slothoofstuk

Deur neels
Datum gepubliseer: 2 September 2017 Aantal woorde: 1341 14 Kere gelees 1

HOOFSTUK 18

Dit is weereens Raba se fyn ore wat die gebrom van die groot diesel masjiene van die patrollieboot in die verte hoor terwyl die onweerswolke saampak vir die laat middag reën. Hy sit die roeispane neer, moeg en uitgeput en gaan lê agteroor.

Andries kyk hom verbaas aan: “En nou Raba, kan jy nie meer nie, moet ek bietjie help”.

Raba skud sy kop: “Nie nodig nie die patrollieboot is oppad, ek hoor hom”.

Dit is nog n paar minute voordat Andries en Rosa ook die gebrom van die diesel masjiene hoor en dan verskyn die boot op die horison. Na nog n paar minute is die boot baie naby en staan Raba op om met sy arms te swaai. Die patrollieboot sien hulle dadelik raak en skakel die masjiene af sodat die golwe wat deur die skroewe veroorsaak word nie die skuit wegdryf nie.

Raba roei nader tot teen die kant van die patrollieboot waar daar alreeds n leer oor die reling hang waarteen hulle kan opklim. Vele gewillige hande help hulle aan boord en heet die bebaarde kaptein, Jean ra Patre, in sy kraakwit vloot uniform hulle welkom aan boord. Hulle word dadelik na hulle kwartier geneem terwyl die boot omdraai vir die terugvaart Manaus toe.

Alles is in die kwartiere wat hulle nodig het om weer na n stort n slag ordentlik te kan aantrek en klim hulle om die beurt onder die stort in. Rosa spandeer amper n uur onder die stort voordat sy in haar kwartiere kan gaan aantrek. In die kas hang twee baadjiepakke wat sy uit kan kies, n bloue met n blou bloesie daarby en n spierwt baadjiepak met n wit bloesie waarop sy besluit. Nadat sy haar lang golwende hare gedroog het en aangetrek het is hulle net betyds vir aandete in die klein beknope eetsaal waar die kaptein by hulle aansluit. Andries moet alles vertel van sy wedervaringe in die woud en hang hulle aan sy lippe. Dit word laat voordat hulle in die bed kom en voor Rosa se kajuitdeur is sy en Andries n paar oomblikke alleen.

Andrie vat haar om haar lyf en druk haar teen hom vas terwyl hy sag in haar oor sê: “Dankie dat jy my kom haal het Rosa. Ek sal dit nooit vergeet nie”.

Rosa vlei haar teen hom aan: “Ek het dit gedoen omdat ek jou lief het vr n baie lang tyd al maar jy het dit nooit raak gesien nie”.

Rosa kyk op na Andries en vir Andries is haar lippe wagtend en uitnodigend onder die dowwe ganglig. Die lig skyn op haar swart hare blinkend en vooe Andries homself kan keer soek sy lippe Rosa se lippe op. toe hulle lippe ontmoet gaan haar lippe oop onder syne vir n paar oomblikke terwyl haar hand die deurknip soek en sy die deur oopstoot toe sy dit vind.

Haar lippe breek weg van Andries se lippe af en trek sy hom saam met haar in haar kajuit in. Nadat sy die deur toegestoot het trek sy Andries langs haar op die bed neer.

“Ons kan nie daar in die gang passievolle soene uitdeel nie Andries. Netnou sien iemand ons. Kom sê vir my nag dat ons gaan slaap”, sê Rosa terwyl sy weer haar lippe vir Andries aanbied.

Die soen wat volg is warm en passievol tot Rosa wegbreek en hom saam met haar optrek terwyl sy opstaan en deur toe beweeg: “Kom dat ons gaan slaap, ek wil n slag voel hoe voel dit om in n warm bed te slaap en ek is seker jy ook”.

Deur die nag slaap hulle dood terwyl die patrollieboot oor die Amasone rivier gly en word hulle eers laat wakker om na n warm stort met n heerlike ontbyt getrakteer te word. Die middag baie laat word Manaus bereik en toe die boot vasmeer is dit n hele skare wat die boot inwag om die verlore seun en vir Rosa terug te verwelkom.

Brigadier de la Rocha is die eerste een wat Andries in n beergreep vasvat: “Welkom terug in die beskawing Andries. Jy het met Rosa se hulp die onmoontlike reggekry nadat ons jou vir dood opgegee het”.

Die pers is ook daar en is dit net kameras wat klik en die persmanne verdring mekaar om by Andries uit te kom tot de la Rocha hulle met n bulderende stem tot orde roep: “Ek sal reël vir n perskonferensie more oggend en dank an julle julle vrae vra. Maar vir nou is hulle my gaste en is hulle plekke klaar in die lugmag kwartiere voorberei om vannag te oornag”.

Die aand is n feestelike geleentheid in die lugmag hoofkwartier om die verlore seun terug te verwelkom en kom hulle eers die vroeë oggendure in die bed

Die perskonferensie die oggend is n uitputtend. Die persmanne peper hom met die vrae en almal bied hom betaling aan vir n eksklusiewe storie.

“Meneer wat gaan jy nou maak noudat jy nie meer n vliegtuig het nie’, vra een joernalis.

Andries glimlag: “Ek het nog n vliegtuig. Hy sal net na al die staan versien en gediens moet word maar Verwey Couriers sal binne n maand weer begin vlieg sodra dit gedoen is en hy weer n lugwaardigheid sertifikaat gekry het en ek my vlieglisensie hernu het”

Uiteindelik is die perskonferensie klaar en wil Andries huis toe. Die voertuig gaan laai hulle by Andries se blyplek af en is hy en Rosa vir die eerste keer alleen.

Andries sak dadelik in sy geliefde stoel neer terwyl Rosa die woonstel van vertek tot vertrek deur beweeg.
Dat daar baie skoonmaak werk is is verseker maar daarvoor sien sy kans.
Toe sy na haar inspeksietog by Andries kom sit is Andries se eerste woorde aan haar: “Rosa ek weet ni hoe om vir jou dankie te sê vir wat jy gedoen het nie. As jy my nie kom haal het nie weet ek nie hoe dinge sou afgeloop het nie, maar waarom het jy dit gedoen. Almal het my as verlore opgegee maar jy het nie”.

Rosa kom sit by Andries op sy skoot en neem sy gesig tussen haar hande en soen hom warm en passievol.

“Die antwoord is eenvoudig. Ek het dit gedoen omdat ek geweier het om te glo dat jy dood is en omdat ek jou lief het met alles in my”, antwoord sy.

Dit word ook die aand wat hulle hulleself aan die liefde oorgee toe Rosa by Andries slaap en nadat hulle hulleself in die liefde verdrink het die warm vrou in Rosa ten volle tevrede stel.

Dit word n dolle paar dae vir hulle altwee. Bedags maak Rosa huis skoon en Andries is op die vliegveld om toesig te hou oor die versiening van sy vliegtuig. Hy moet ook n vlug saam met n instrukteur onderneem om sy vlieglisensie te hernu maar na n maand is sy vliegtuig gereed en kan Verwey Couriers sy werksaamhede hervat en danksy die groot vergoeding wat hy van n internasionale tydskrif ontvang het vir sy eksklusiewe storie het hy n deposito op n tweede vliegtuig.

Andries se toetsvlug met sy versiende Piper het hy n passasier. Vir die eerste keer is Rosa in n vliegtuig en is sy so opgewonde soos n kind om n slag te kan vlieg.

En Nandi, die storie kan nie volmaak wees sonder dat daar vertel word wat van Nandi geword het nie en Andries vra vir Raba om uit te vind hoe dit met haar gaan as hy weer sy stam besoek.

Dit is n paar maande later wat Raba vir Andries kom vertel: “Sy het n seun wat ongetwyfeld jou kind is. Sy is gelukkig saam met haar man wat jou seun as sy eie aanvaar het. Sy het my gevra om vir jou te sê dat sy altyd lief vir jou sal bly en dat jy en Rosa gelukkig saam moet wees want sy sou in elk geval nie in hierdie wêreld kon beteken het wat Rosa vir jou beteken nie”.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 68 gaste aanlyn