Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 8

Deur neels
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 Aantal woorde: 1446 11 Kere gelees 2

HOOFSTUK 8

Andries herstel volkome en begin ook in sy agterkop planne maak om uit die woud uit te kom. Hy sal moet n bongenoot kry besef hy, want alleen sal hy nie uit die woud uit kom nie, en het hy klaar afgelei dat die Indiane hom nie sal laat gaan nie. Tot hy die bondgenoot gekry het moet hy by hulle leefwyse inval.

Om met een van hulle platboomskuite weg te kom is te gevaarlik want dan kan hulle maklik krokodilkos word of erger as daar iets moet gebeur dat hulle in die water val sal die phiranas hulle binne sekondes uitmekaar skeur. Hy het juis op een van die visvangtogte gesien wat gebeur het toe n Indiaan te ver oorgeleun het uit die skuit uit en toe in die water getuimel het. Daar sal dus langs die rivier opgetrek moet word tot waar die rivier in die Amasone rivier uitmond en dan tot waar die Amasone naby Manaus in die see uitmond.

In die tydjie saam met die Indiane het hy genoeg geleer om uit die woud uit te leef en saam met n bondgenoot wat saam trek kan hy dalk weer op Manaus uitkom, dit kan egter maande neem.
Om n bongenoot te kry is egter n ander saak. Hy is te bang om een van die manne te nader want dit kan wees dat die hom sal verraai en dat die Indiane gaan voorsorg maatreëls tref om te voorkom dat hy wegkom.

Noudat hy volkome genees is het hy ook bitter min kontak met Nandi maar wat hy nie weet nie is dat Nandi se liefde vir hom nog geensins afgekoel het nie. Dit is juis hierdie liefde wat vir hom uitkoms bied met n onverwagte besoek van haar een nag laat toe sy haar liefde nie meer in bedwang kan hou nie.

In haar liefde vir hierdie man het sy na lang wik en weeg besluit sy gaan hom help wegkom want in haar hart besef sy dat hy seker wil terug na sy eie mense. Al verloor sy hom in die proses gee sy nie om nie. Nandi wag die nag tot sy seker is almal slaap vas voordat sy na Andries se hut toe glip. Die eerste wat Andries van haar bewus word is toe hy haar vingers oor sy bors voel streel. Toe sy sien Andries se oë gaan oop vertel sy hom in gebaretaal en fluister sag dat sy hom sal help wegkom, hy moet net wag tot sy hom kom haal.

Andries beduie vir haar dat hy nie alleen kan gaan nie en dat hy iemand sal moet saam neem en dit is toe Nandi besluit sy sal saam gaan en dit vir Andries beduie.

Dat daar na hulle gesoek sal word is beslis en sal hulle in die nag moet beweeg want die Indiane sal hulle nie in die nag soek nie, daarvoor is hulle te bang vir die nag wanneer die gode rondbeweeg in die woud. Gelukkig weet sy van n plek in die woud wat geen Indiaan dit sal durf wag om te kom nie want dit word as die gode se plek beskou en glo hulle dat iemand wat die plek betreë onmiddelik sal sterf.

Andries begin verstaan en toe Andries met sy kop knik buig sy vooroor en soen hom sag en dringend voordat sy weer uit sy hut uit verdwyn voordat die dag breek.

Vir Nandi breek n paar bedrywige nagte aan. Sy steel n pyl en boog, n werpspies,blaaspyp en nog n paar dinge wat sy weet hulle gaan nodig kry en gaan steek dit by die rivier weg. Sy besoek Andries net een keer om hom te beduie dat alles vorder volgens plan.

Ook Rosa en Raba se planne vorder fluks. Raba kry alles wat hulle nodig het en breek die dag aan wat hulle verdwyn om na Raba se stam toe te vertrek. Raba het alreeds gereël dat alles vir hulle daar gereed sal wees om na Andries te gaan soek.

Dit is vroegoggend toe Rosa Andries se woonplek sluit en die sleutel begrawe op n plek waar sy dit weer sal kry. Saam stap sy en Raba deur die stil strate van Manaus tot hulle die buitewyke bereik. Hulle staptog bring hulle die middag in die woud tot langs die mond van die Amasone rivier en is dit tyd dat Rosa en n volbloed Indiaanse meisie omskep word en Raba ook sy Indiaanse identiteit aanneem.

Raba raak ontslae van sy westerse klere, sit sy hooftooisel op en trek sy lendeskort aan. Ook Rosa moet van haar klere ontslae raak en n lendeskort aantrek. Hulle maak mekaar se gesigte met n soort verf op en hang stringe houtkrale om Rosa se nek. Die Westerse klere word in n waterdigte sak hoog in n boom opgehang totdat hulle weer terugkeer. Raba smeer n stinkende mengsel aan hom en gee die pot aan vir Rosa om dit ook aan haar te smeer om die muskiete weg te hou.

Die reën jaag hulle onder n digte boom in en voordat hulle die woud aanpak eet hulle vir oulaas n ordentlike maaltyd, hiervanaf is dit uit die woud lewe. Raba besluit om tot laat nag deur die woud te beweeg en dan sal hulle bietjie slaap tot dagbreek toe.

Dit vorder maar stadig want hulle moet versigtig wees vir insekte, slange en roofdiere wat in die nag beweeg. Hulle trek op n voetpaadjie wat al langs die rivier loop en vorder hulle redelik vinnig tot laat aand wat Raba halt roep. Slaapvelle word oop gegooi en gaan lê hulle, albei doodmoeg en raak hulle dadelik aan die slaap.

Vir Rosa voel dit of hulle skaars geslaap het toe Raba haar wakker maak en hulle die reis voortsit. Al langs die Amasone rivier vorder hulle versigtig, gedurig op die uitkyk vir slange en giftige insekte om Raba se mense die volgende dag te bereik.

Dit was n harde trek en is hulle doodmoeg maar moet Raba haar nou eers aan sy mense voorstel. Gelukkig verstaan Rosa hulle dialek en kan sy saam gesels met die kwetterende vrouens wat om haar saam koek Terwyl Raba met sy hoofman begin beraadslaag.

Tussen die twee van hulle besluit hulle dat die reis verder met n twee platboomskuite sal voortgesit word deur die dag. Vier van die jong manne wil graag saamgaan op hierdie reis en klink dit vir hulle na n groot avontuur. Raba hou nie eintlik van die gedagte nie maar die hoofman is baie beslis dat hulle vergesel moet word en moet Raba maar daarby inval, veral toe die hoofman daarop aandring dat daar n tromslaner en sy trom moet saamgaan dat daar verbinding behou kan word. Die hoofman dring ook daarop aan dat hulle n dag oorbly sodat hulle genoeg proviad kan bymekaar kry vir n paar dae sodat daar nie nog tyd op die reis gemors word met kosmaak tydens die eerste dag of twee van die reis nie.

Na n aandete van bolle wat opgekook is en aap vleis klim Raba en Rosa in die bed in die gastehut op hulle slaapvelle. Hulle slaap egter nie dadelik nie en moet Raba haar vertel wat die hoofman se besluit is.

“Rosa is jy seker jy wil voortgaan hiermee. Ons weet nie eintlik waar om te soek nie. Die hoofman dring daarop aan dat vier manne moet saamgaan en dat daar n tromslaner onder hulle gaan wees”.

Rosa dink n oomblikkie na: “Raba dit is dalk n goeie ding. Dit kan ons mos help in ons soektog na Andries as hy die boodskap die woud instuur. Dalk kan dit ons op sy spoor bring”.

Raba skud sy kop: “Ek weet nie so mooi nie Rosa. Wie hom ookal het gaan swyg of ons op n dwaal spoor lei want die laaste boodskap was duidelik, hulle beskou hom as n god en sal hom nie laat gaan nie. Ek dink nog steeds ons mors ons tyd en moet maar aanvaar dat ons Andries nie weer gaan kry nie”.

Rosa is dadelik op die oorlogspad: “Daar is nie sprake van omdraai nie Raba. Ons gaan aan want my gevoel vertel my dat ons hom gaan kry. As ons eers bepaal het waar hy is kan ons planne maak om hom daar uit te kry. Ek draai nie om nie”.

Raba besef dat hierdie n verlore argument is en draai op sy sy om te gaan slaap terwyl Rosa nog lank lê en nadink. Vir n paar oomblikke oorweeg sy dit dat hulle tog moet omdraai maar dan besluit sy in haar gedagtes finaal om voort te gaan met die soektog.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 136
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 21 gaste aanlyn