Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 7

Deur neels
Datum gepubliseer: 30 Julie 2017 Aantal woorde: 1401 19 Kere gelees 2

HOOFSTUK 7

Tyd loop en is Rosa besig met haar voorbereidings om na Andries te gaan soek. Gelukkig is sy redelik blas van kleur en besluit sy saam met Raba om as Indiane meisie na Raba se stam te vertrek sodra hulle dalk enige nuus oor Andries ontvang het. Die amptelike soektogte na Andries word afgelas en word hy afgeskryf as vermoedelik dood nadat sy vliegtuig neergestort het. Die amptelike verslag lui ook dat die wrak nie opgespoor kan word nie.

Intussen trek die tromme en rookseine boodskappe al dieper die woud in en na n paar dae bereik die boodskap ook die Saphanua stam dat daar na n verlore wit man gesoek word wat met n ystervoël uit die lug uit neergestort het.

Andries het ook redelik aangesterk en begin hy die Indiane al beter verstaan. Hy het ook sy eie hut gekry en slaap hy en Nandi elke nag in hulle eie hut.

Al wat lastig is is die muskiete maar gee Nandi vir hom n stinkende salf om saans aan te smeer wat die muskiete weg hou.

Hy begin ook op jagtogte saam met die jagters gaan. Hy is van n pyl en boog, jagmes van hout en n blaaspyp en al die benodighede voorsien. Op hierdie jagtogte ontdek hy die verskillende digte plante onder die bome en leer gou wat eetbaar is en wat nie. Hy verkyk hom aan die kleurryke voëls wat gedurig in die bome kwetter en leer die taal van die woud al beter verstaan om veral vir slange en giftige spinnekoppe en paddas op die uitkyk te wees.

Hy leer hoe om die dodelike gif aan te maak wat hulle aan die blaaspypie pyle se punte en pyle smeer. Dit is sekere bolplante wat fyn gemaal word en dan met n taai jellie afkostig van ander bolle gemeng word. Die gif van sekere paddas word ook gebruik en as hulle n slang in die hande kry word die gifsakke versigtig verwyder en die gif word ook gebruik.

Wanneer n aap geskiet word word die dier so vinnig as moontlik leeg gebloei voordat die gif in die vleis intrek.

Groot vreugde heers onder die jagters toe hy sy eerste aap skiet en word die aap met groot bewondering stat toe gedra.
Om hierdie aap te vier word daar weer tot laatnag fees gevier. Die Indiane maak ook hulle eie drank en mag Andries nou hiervan drink. Die drank skop Andries vinnig en het hy later moeite om wakker te bly soos die alkahol in die drank sy sake vir hom werk.

Die stat is baie naby n rivier en leer hy ook vinnig om saam met die vissermanne op hulle skuite te gaan om visse met skerp stokke te vang, n gevaarlike jagtog omdat hulle gedurig op die uitkyk moet wees vir honger krokodille en waaghalsige phiranas. Dan is daar ook nog die gevaar van giftige reuse waterslange.

Dit is op een van hierdie jagtogte wat die tromme boodskap die fyn ore van die jagters dofweg bereik. Toe hulle die boodskap hoor gaan staan die jaggeselskap doodstil en luister fyn. Die boodskap word ontsyfer en Xandu gaan staan voor Andries.

Met handgebare beduie hy vir Andries dat daar na hom gesoek word. Andries kan dit nie glo nie en probeer hy vir Xandu verduidelik dat daar n boodskap gestuur moet word dat hy nog lewe. Xandu verstaan uiteindelik en besluit hulle om terug te keer na die stat toe want hulle het nie tromme by hulle nie. Daar sal n trom gekry moet word en terug gekeer moet word die volgende dag om die boodskap terug te kry.

Met hulle terugkeer by die stat gaan Xandu dadelik na die hoofman toe en verduidelik die boodskap wat hulle gekry het. Dit het intussen begin reën en stem die hoofman saam dat hulle die volgende dag n trom saamneem en dan die boodskap stuur van die plek af waar hulle dit gehoor het. Wat Andries nie weet nie is dat die hoofman ook duidelik oprag gee dat Andries nie vrygestel gaan word nie want hy is die wit god wat vir hulle uit die hemel uit neer gestort het. Die boodskap wat dus gestuur moet word is dat hy lewe maar nou een van hulle is en dat hulle hom nie sal laat gaan nie.

Die volgende dag keer hulle terug na die plek waar hulle die boodskap ontvang het en word die boodskap uitgestuur. Geleidelik begin die boodskap deur die woud vorder totdat dit uiteindelik Raba se ore bereik toe hy weer sy stam besoek om te hoor of daar al reaksie uit die woud is.

Sy hart spring van blydskap toe hy verneem dat Andries nog lewe maar toe hy hoor dat die stam waar hy is hom as n wit god beskou en nie sal laat gaan nie sak sy moed in sy skoene. Hy besef dadelik dat Andries met of geweld of baie geslepenheid sal moet gehaal word. Die feit dat Andries so diep in die woud is maak dit ook n haas onbegonne taak.

Met sy terugkeer in Manaus gaan hy dadelik na Andries se blyplek toe wat nog net so staan en tref hy Rosa daar aan, besig met haar daaglikse pligte asof Andries nog steeds daar is.

Toe Rosa hom groet is sy eerste woorde: “Andries leef nog. Hy is diep in die woud by n Indiane stam wat hom versorg en hom as n wit god beskou wat uit die hemel neergestort het. Hulle sal hom nie laat gaan nie al spoor ons hom op”.

Rosa kan haar ore nie glo nie en blydskap spring in haar hart op: “Raba, hy lewe en ons moet hom gaan haal op een of ander manier. Ek weier om hom af te skryf en hy moet terugkom hier na sy plek toe waar hy hoort. Ek sal nie rus voordat hy terug is nie’.

“Dit gaan bitter moeilik wees Rosa. Dit gaan n lang tog wees en ons sal uit die woud uit moet lewe want dit is onmoontlik om genoeg proviad saam te neem want dit kan n maande lange reis wees”.

Rosa se moed sak in haar skoene: “Raba, wat stel jy voor, waar begin ons”.

“Volgens die tromme boodskap is die stam na aan n rivier, meeste stamme is naby n rivier. Hierdie riviere loop almal een of ander tyd in die Amasone rivier in en sal ons in die Amasone rivier moet opgaan. Om die regte sytak te vind sal blote geluk wees. Ons sal moet in kontak met die verskillende stamme moet bly op die reis maar ek moet jou waarsku dat van hulle vyandig gesind kan wees”

Rosa is egter vasbeslote; “Raba ek gaan hom haal of jy nou saamgaan of nie. Ek gaan hom nie daar los nie”.

Raba sug: “Ek sal saam gaan Rosa. Op jou eie sal jy nie regkom nie. Jy sal vol Indiaan moet word en as my vrou moet saam gaan. As jy reg is kom haal ek jou dat ons die reis na my stam begin. Ek het hulle voorberei dat ek nou n vrou het en haar gaan saam bring op my volgende besoek. Dit is om jou te beskerm teen n warmbloedige Indiaan wat in jou n toekomstige vrou sien. Jy sal maar daaraan moet gewoond raak aan kaal bolyf saam met my beweeg met net n lendeskort aan ”.

Gelukkig is daar Indiaanse meisies wat ook in die stede woon en is dit niks vreemds dat Raba nou n Indiaanse vrou het nie.

“Jy het my gewaarsku en ek sal enigiets vir Andries doen. Sorg jy maar net dat ek n lendeskort kry en jy moet vir my n lys maak van wat ons nodig gaan kry. Ek weet ons sal uit die woud uit moet lewe maar daar is darem seker n paar noodsaaklikhede wat ons moet saam neem”, antwoord Rosa hom maar kan nie help om te bloos nie.

Die volgende paar dae kry Rosa wat Raba vir haar gesê het sy moet kry. Uiteindelik breek die aand aan wat hulle in die woud in gaan verdwyn. Toe Raba haar kom haal is hy volbloed Indiaan en trek sy n bloes oor haar bolyf aan totdat hulle in die woud kom. Dan sal sy sonder die bloes verder saam met hom beweeg nadat hy haar in n volbloed Indiane meisie omskep het




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 138
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 104 gaste aanlyn