Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 6

Deur neels
Datum gepubliseer: 23 Julie 2017 Aantal woorde: 1126 44 Kere gelees 3

HOOFSTUK 6

Die oggend toe Andries wakker word voel hy heelwat beter. Hy voel hy sal moet opstaan al is dit nog pynlik want die natuur roep. Hoe hy dit aan Nandi gaan verduidelik is vir hom nou n groot kopseer.

Hy kyk vir haar en vryf oor sy maag terwyl hy n vreeslike gesig trek met die hoop dat sy sal verstaan.

Nandi verstaan dadelik. Sy glimlag terwyl sy opstaan en die hut verlaat om n paar oomblikke later met twee Indiane terugkeer waarna sy die hut verlaat.

Andries kom orent en kan darem regop staan. Dit is toe hy agterkom hy is kaal. Een van die Indiane sit vir hom n lendeskort aan en gooi hulle sy arms oor hulle skouers. Die twee Indiane stut hom en beweeg hulle by die hut uit.

Die nood is groot en kan Andries nie veel aandag aan die omgewing gee nie. Met hulle terugkeer wag die hele stam hom in en word hy langs die opperhoof op n stomp, wat as stoel moet dien, sit gemaak.

Die mutidokter is ook dadelik by en ondersoek Andries noukeurig. Met n geraas beduie hy vir die omstandigers dat hy tevrede is met Andries se toestand.

Dadelik begin die omstandigers naderstaan om hom van naderby te beskou. Dit is die eerste keer wat hulle hierdie man met die witvel kan beskou, Xandu het hulle alles vertel en is dit vir hulle een of ander teken dat hierdie man wat met die ystervoël tussen die bosse neergestort het nie dood is nie.

Die hoofman jaag hulle egter vinnig terug en nou kan Andries die omgewing rustig saam met al die werk saamhede beskou.

Die stat is op oop kol langs n rivier tussen die bosse gebou. Al die hutte is van latte gemaak en is die hoofman se hut die grootste. Verder is daar n klomp kleiner hutte met twee groot hutte so effens eenkant.

In die middel van die oop kol tussen die hutte brand n vuur met n karkas, vir Andries lyk dit na n aap, wat besig is om gaar te word. Langs die vuur is van die vrouens nou besig om n mengsel van knolle en plante voor te berei in kleipotte wat met houtlepels geroer word met stoom wat daar uittrek.

Rondom die oop kol staan die bome dig op mekaar. Andries begin die Indiane beskou. Die ou mans en vrouens sit een kant, die mans het almal net lendeskorte van velle aan soos die vrouens, wat almal kaal borste is. Al die vrouens is getooi in geverfde houtkraal halssnoere om die nek

Dit is opmerklik dat die jong vrouens baie meer as die mans is en begin hy vermoed dat hulle op n jagtog is want hy sien nie vir Xandu nie. Die kinders hardloop almal kaal rond sonder enige bedekkings met die ouer mense wat hulle kort kort tot orde roep.

Andries is n bietjie Indiaanse dialek magtig maar hy kom agter dat hierdie gebrabbel heeltemal verskil met die dialekte van die Indiane aan die rand van die woud. Hy sal dus op n manier met hulle moet kommunikeer want hy het hulle hulp nodig om weer hier uit te kom want hy is nie lus om hier te bly nie.

Nandi kom sit plat voor hom en die hoofman en begin die eerste handgebare gesprek.

Eers wys hy na homself en noem sy naam: “Andries”, waarna hy na die hoofman wys met almal wat nou naderstaan om hierdie taalkursus te volg.

Die hoofman frons en wys eers na Andries: “Anneries’ kom dit uit waarna hy na homself wys en homself voorstel: “Peripe”.

Andries wys na Nandi en stel sy haar self voor: “Nandi”.

Nou begin die taalkursus tot groot vermaak vir almal. Almal wil deelneem en wys na verskillende voorwerpe en vertel Andries wat dit is en moet hy dit agterna sê. Die gebrabbel maak hom goed deurmekaar maar raak hy darem n paar woorde magtig.

So tussen die gebrabbel deur kry Andries die kans om nou die omgewing te beskou. Die bome om die kaal kol waar die stat is staan hoog en dig opmekaar met n welige plantegroei onder die bome. Duidelik is daar n paar paadjies tussen die bome te sien. In die bome kwetter die mees kleurryke voëls en is daar n paar ape wat van tak tot tak spring.

Die son skyn tussen die wolke deur maar is die lug duidelik swaar bewolk wat al digter word.

Teen die middag raak Andries moeg en wys hy deur sy kop teen sy hande te druk en sy oë toe te maak dat hy wil gaan slaap. Hy kry self opgestaan en met Nandi se steun word hy die hut ingehelp. Hy lê skaars of hy raak weg in die slaap met Nandi wat n rukkie by hom sit. Toe sy seker is hy slaap verlaat sy die hut om by die ander meisies wat besig is om velle te brei aan te sluit.

Dit is egter net n paar minute toe moet almal hutte toe vlug vir die reën wat begin neersif op die aarde.

Toe Andries teen skemeraand wakker word voel hy weer heelwat beter. Op sy eie staan hy op en verlaat die hut. Tussen die hutte brand twee vure, op die een braai n karkas en op die ander een kook n brousel van plante vermoed hy. Die jagters is duidelik terug want daar is nou meer mans en sien hy ook vir Xandu.

Toe die Indiane hom gewaar is dit n vreugdekreet wat tussen hulle ontstaan. Peripe wys vir Andries om langs hom te kom sit en dans van die manne met hulle kleurryke hooftooisels, met Xandu as voordanser, een of ander dans om die vure tot laatnag toe voordat die kring dansers al kleiner word en die vuur al laer brand.

Soos die aand vorder help die wat honger word hulleself aan vleis en uit die brousel uit wat in houtborde geskep word. Ook Andries moet maar noodgedwonge saam eet al moet hy die spul afwurg. Die smake bly vir hom vreemd.

Andries besluit later om ook maar te gaan slaap want hy kan voel hy is besig om moeg te word. Hy gaan na sy hut toe waar n slapende Nandi op haar plek nog steeds in sy hut is.

Deur die nag moes sy styf teen Andries vasgekruip het en toe hulle wakker word en hulle besef dat sy teen hom lê vlieg sy vervaard op en verdwyn uit die hut uit want al wil haar hart oorloop van liefde vir die man. Sy besef ook dat sy nie verder snags die hut met Andries kan deel nie want sy sal nie haar gevoelens vir Andries in toom kan hou nie.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 65 gaste aanlyn