Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 5

Deur neels
Datum gepubliseer: 19 Julie 2017 Aantal woorde: 1285 33 Kere gelees 3

HOOFSTUK 5

Toe Andries in die skemerhut wakker word neem dit hom n hele paar minute om tot sy sinne te kom en te besef dat hy nog lewe.

Toegemaak onder velle voel dit sweterig en warm en dan voel hy dit is hard onder hom. Hy besef dat hy op die grond lê met net dierevelle onder hom en hy plat op die grond lê. Hy beskou eers die latwerk van die dak waar die latte en pale kunstig gevleg is om dit dig te maak. Dan raak hy bewus van die koel blare op hom en dring dit tot hom deur dat hy nie alleen is nie.

Stadig begin die gebeure tot hom terugkeer. Hy begin onthou van die weerligstraal wat die Piper getref het en hoe hy besef het dat hy gaan neerstort toe die masjien gestaak het. Hy onthou van die slag toe die Piper die bome getref het en die wiele en vlerke afgeskeur is maar verder onthou hy niks.

Hy draai sy kop sywaarts en dan sien hy vir Nandi plat op die vloer by hom sit. Haar bolyf is kaal en neem Andries haar beeld stadig in. Lang swart hare en n beeldskone gesig. Sy oë dwaal verder af en neem haar vol ferm borste met die klein bruin tepeltjies in voordat hy besef dat sy net n baie kort lendeskort gemaak van luiperdvel aan het. Stadig dring die besef tot hom deur dat hy oorleef het en deur Idiane gevind is wat hom hiernatoe gebring het en hom nou versorg maar waar hy moontlik is het hy geen idée nie.

Toe Nandi sien hy draai sy kop na haar toe buig sy vooroor oor Andries se gesig en glimlag warm vir hom terwyl sy haar hand op sy voorhoof sit en met hom probeer praat. Andries probeer orent kom maar sy druk hom plat, beduie met die vinger vir hom en dan staan sy op en verlaat die hut.

Andries probeer orent kom maar as die pyne deur y liggaam skiet val hy net weer terug. Nandi keer n paar oomblikke later terug met n man wat veelkleurig getooi is in n veredos op sy kop. Die man kniel by hom en druk sy oor teen Andries se bors vas. Tevrede met wat hy hoor gaan sit hy plat langs Andries. Stadig begin hy die blare wat Andries se skrape en snye bedek oplig en beskou die plekke, wat nou rowe vorm, aandagtig. Opgewonde praat hy met die meisie wat by hom sit, staan op en verdwyn uit die hut uit.

Buite bars n redelike lawaai los in n dialek wat Andries nie verstaan nie maar hy besef dat hy die middelpunt van hierdie lawaai moet wees. Wat hy nie kan uitmaak nie is dat die mutidokter aan die stam moet verslag doen oor Andries se toestand. Almal wil na hom kom kyk maar die mutidokter verbied dit en dit is die rede vir die lawaai, almal wil kom kyk hoe hy vorder en lyk want almal beskou hom nou as n wit god en dat hulle net voorspoed onder sy beskerming kan geniet van nou af.

Die mutidokter is n paar minute later weer terug by Andries. Hy gooi weer n poeier op die skrape en wonde maar hierdie slag maak hy dit nie met blare toe nie. Die brousel wat in Andries se keelgat afgegooi word is galbitter maar Andries het nie n keuse nie, hy moet sluk of verstik. Dat die brousel een of ander verdowings middel bevat is duidelik want hy dompel weer in n diep slaap weg.die laaste wat hy van bewus is is die meisie wat by hom sit en sy bors saggies vryf.

Andries ontwaak die middag uit sy slaap en nog steeds sit die meisie by hom. Toe hy sy oë oopmaak is hy meer bewus van sy omgewing as wat hy die oggend was toe hy die eerste keer ontwaak het. Hy voel ook nou baie beter en lê die hut in die skemerte en beskou.

Die besef dring tot hom deur dat hy honger en dors is en draai hy sy kop na die meisie toe wat by sy kop op haar hurke sit. Toe sy sien hy kyk vir haar buig sy vooroor, onbewus daarvan wat se invloed haar ferm nakende borste op die man het want al hulle Indiaanse meisies loop kaal bolywe rond, iets wat Westerlinge nie gewoond is nie. Andries voel hy word warm in die gesig maar beduie hy vir haar na sy mond en sy maag met die hoop dat sy sal verstaan dat hy honger is. Nandi verstaan deeglik en kan hy darem nou effens orent kom sonder pyn.

Toe Nandi opstaan en die hut uitstap sak Andries weer terug tot Nandi terugkom met n houtbak en n brousel daarin. Hy probeer regop sit maar sy sit die bak neer en druk hom weer plat en begin hom voer met n houtlepel.

Dit is n brousel wat nie te onaardig smaak nie en effens warm. Hy proe duidelik vleis in die brousel maar verder is dit plante wat hy proe. Vreemde smake wat hy nie ken nie. Andries kou bietjie en sluk. Nandi sit hom lepel vir lepel en voer tot die bak leeg is. Sy sit die bak eenkant neer en bring n houtbeker met water na Andries se lippe toe sodat hy kan drink.

Toe dit donker word lê hy en luister na die bedrywighede buite. Daar word vuur gemaak en kom hy agter dat die Indiane om die vuur saam gedrom het en nou kuier. Hy is baie nuuskierig om te weet wat buite aangaan maar het hy nog te seer om op te staan.

Seker dat hy gerieflik is staan Nandi op in die donker skemerte en verdwyn uit die hut uit. Na n rukkie keer sy terug met n houtbeker met n mengsel in en maak hom dit drink. Minute daarna raak Andries aan die slaap. Seker dat hy slaap staan Nandi op en gaan sluit by die gemeenskap aan. Almal wil weet hoe dit met Andries gaan en is daar groot blydskap toe Nandi hulle verseker dat dit goed gaan met hom. Hulle wil net weet wanneer hulle na hom kan kom kyk maar Nandi laat hulle duidelik versaan dat dit nie vannag sal wees nie, sy laat net die mutidokter by hom toe want hy is nog swak, miskien more.

Later onttrek sy haar van die gemeenskap om die vuur en gooi vir haar n diervel om op te lê om langs Andries te gaan lê. Lank lê sy vir hom en kyk voordat sy sy hand huiwerig in haar hand neem, bietjie naderskuif en dan langs Andries aan die slaap raak.

Sy kan die gevoel in haar hart vir hierdie man nie verklaar nie, al wat sy weet is dat haar hele wese al meer na hom hunker en dat sy alles sal doen om hom te beskerm.

In haar hart is n sterk begeerte om deel van sy lewe te wees, saam met hom kinders te hê, saam met hom oud te word maar of haar hoofman pa dit sal toelaat weet sy nie. Sy het klaar agter gekom dat hulle hom as hulle god op n onaantasbare troontjie gaan sit.

Sys al n plan moet bedink om haar pa te oortuig dat sy die wit god se vrou moet word. Dalk kan sy hom oortuig deur hom daarop te wys dat dit net verdere voorspoed vir hulle sal bring en hom permanent aan hulle verbind. Gelukkig is sy nog nie, volgens hulle gebruik, aan n man toegeken nie want haar pa kon nog nie iemand goed genoeg vind nie




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Julie 21, 2017

      Ai Rosa, jy beter vinnig by Andries uitkom!

    2. profiel foto van neels

      neels

      Julie 22, 2017

      daar gaan nog n paar dinge gebeur Lynette

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 138
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 74 gaste aanlyn