Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 3

Deur neels
Datum gepubliseer: 11 Julie 2017 Aantal woorde: 1389 53 Kere gelees 2

HOOFSTUK 3

Xandu, die leier van die Indiaanse Sapanahua jag geselskap steek sy hand omhoog om sy geselskap tot stilstand te bring toe hy die vreemde geluid in die lug hoor. Die geselskap bestaan uit tien jagters en voel hulle redelik tevrede na n suksesvolle jagtog af. Hulle moes al terug gewees het in hulle stat maar die reën het hulle vas gekeer en moes hulle onder n digte blare massa skuiling soek vir n hele ruk.

n Paar ape hang oor die dwarslatte wat vier van die geselskap oor hulle skouers dra.

Die blaredak is te dig en kan hy nie werklik die vallende Piper sien toe die vliegtuig die bome tref nie. Die eerste wat hulle sien is die wiele wat afgeruk word toe die Piper deur die bome begin ploeg. Hulle staan en kyk hoe die bome die vlerke afruk en die bome die Piper uitmekaar skeur tot die wrak tot stilstand kom.

Vir n hele ruk staan hulle verbaas en kyk na hierdie vreemde voorwerp wat uit die lug uit geval het en nou daar lê met rook wat uit sy snoet uitkom. Eers toe hulle die ape op die wrak sien toesak besluit hulle om nader te beweeg.

Dan sien hulle vir Andries waar hy half skuins langs die oopgebarste deur uit lê, vol skrape en snye en duidelik bewusteloos.

Xandu is n dapper man en gelukkig weet hy nie dat die Piper enige oomblik kan ontplof as die brandstof om een of ander rede vlam vat nie. Hy storm dadelik nader om die bewustelose Andries van die wrak af weg te trek. Xandu sit sy oor teen Andries se bors en toe hy n hartklop hoor beduie hy vir sy mede jagters dat hulle vinnig n draagbaar moet maak dat hulle Andries by hulle stat kan kry. Die mutidokter is daar en sal dringend hulp moet verleen. Gelukkig is hulle nie te ver van hulle stat af nie nog so twee ure dan kan hulle daar wees. Dit behoort nie langer as n halfuur te neem om die draagbaar te maak nie.

Hulle trek Andries gelukkig nog n entjie weg van die Piper af want die Piper slaan aan die brand en ontplof n paar oomblikke later met n vuurbol wat die lug inklim om n brandende wrak agter te los. Dit is te veel vir die Indiane en spat hulle skreeuend in alle rigtings deur die bome. Net Xandu behou teenwoordigheid van gees en kry hy darem die jaggeselskap weer na n ruk bymekaar om n draagbaar te maak.

Met hulle vlymskerp houtmesse sny hulle inderhaas twee take af en met blare word vinnig en kundig n mat gevleg vir Andries om op te lê. Een van die jagters word vooruit gestuur om die stat in kennis te stel van die man wat hulle inbring en moet hy die mutidokter ook kry.

Dit begin al sterk donker word toe hulle uiteindelik weer begin beweeg met twee jagters wat die draagbaar dra. Gelukkig het hulle vroeër n pad tussen die bome deur skoon gemaak en vorder hulle redelik vinnig.

Toe hulle in die stat kom brand die vuur tussen die hutte hoog met die hele gemaanskap wat in afwagting hulle koms afwag. Die hoofman, Peripe, sit voor sy versierde hut en het spesiaal sy hooftooisel, bestaande uit kleurryke pappagaai vere opgesit.

Die mans, almal geklee in hulle skamele lendestukke wag saam met die vrouens met hulle kaal bolywe en poedelnaak kinders opgewonde die geselskap in.

Die mutidokter sit langs die hoofman en is dadelik by toe die draagbaar voor die hoofman neergesit word.

Die jagters het hulle hande vol om die nuuskierige toeskouers weg te hou wat sonder ophou kwetter oor die wit man wat die jagters ingebring het. Terwyl die mutidokter Andies ondersoek verduidelik Xandu van die ystervoël wat uit die lug uit geval het en die man wat hulle gekry het. Hy vertel hoe die ystervoël ontplof het en skel die jagters vir lafaards omdat hulle gevlug het met die ontploffing.

Die mutidokter met sy veredos op sy kop gee n bevel en een van die jong meisies bring n kleipot vol water. Die mutidokter begin die droë bloed afwas en begin om nat blare op die snywonde plaas. Hy gee n skerp bevel en Nandi, die hoofman se dogter, tree na vore. Hy beduie vir haar en sy hurk en tel Andries se kop op haar skoot. Die mutidokter maak Andrie se mond oop en drup n vloeistof uit n klein houertjie op Andries se tong en maak dan klaar die wonde skoon en verbind die snye met blare.

Toe hy opstaan beduie hy dat Andries in Nandi se hut ingedra moet word en kry sy opdrag om na Andries te kyk en hom te roep as sy hom nodig het. As hoofman se dogter is Nandi bevoorreg en het sy haar eie hut. Sy deel nie die gemeenskaplike jong meisie hut met die ander nie.

In die donker hut word Andries neergelê en gaan sit Nandi plat op die grond by hom. Sy buig oor Andries se gesig en begin sy hare streel en raak so sittend by Andries aan die slaap. Sy is egter kort kort wakker en kom agter dat Andries se asemhaling rustiger raak.

Met dagbreek is die mutidokter weer by Andries. Die blare op die snye word afgehaal en nuwe blare word opgesit. Weer drup hy van die vloeistof op Andries se tong en luister hy na Andries se hartklop. Heel tevrede los hy Andries weer in Nandie se sorg en verlaat die hut met Nandi by Andries.

Die dag gaan ook verby en Nandi bly by hom. Haar kos word vir haar gebring en die hele stam is in stille afwagting en hoop dat Andries gaan herstel. By voorbaat word daar gereël dat daar die aand tot die gode gespreek moet word om die gode te vra dat Andries moet herstel want vir hulle is Andries n god wat uit die lug uit geval het. Die Mutidokter is ook kort kort by Andries want die hoofman het hom kort en kragtig laat verstaan dat sy kop gaan rol as Andries nie herstel nie want dan is hy nie n mutidokter nie.

Teen die middag raak Andries onrustig en koorsig. Die mutidokter kom dit gou agter en word n pot koue water ingedra vir Nandi om hom gedurig met blare af te spons. Die snymerke word weer bekyk en sien die mutidokter dat twee snye septies word. Gelukkig is dit in die begin stadium en die mutidokter strooi n poeier uit n kleipotjie op die snye. Weer word van die vloeistof op Andries se tong gedrup en bly die muti dokter nou saam met Nandi pal by hom.

Die aand word die vuur aangesteek en die hele stat begin dans en tot die gode smeek vir Andries se herstel. Die tromme raas en almal dans om die vuur. Sommige slaan neer en roep tot die gode. Die tromme hits die inwoners aan en teen middernag bereik die fees sy hoogtepunt wanneer die laaste stompe op die vuur gegooi word en die inwoners daarna sommer so om die vuur uitgeput neerslaan en aan die slaap raak.

Die hele voornag deur is Andries onrustig maar in die nanag lyk dit of die koors breek en raak hy rustig. Nandi en die mutidokter raak ook aan die slaap en raak die hele stat rustig.

Die son sit al hoog toe die stat uiteindelik na die nag se gefuif aan die lewe kom en almal drom om Nandi se hut saam uit nuuskerigheid om te verneem hoe dit met Andries gaan. Die mutidokter moet bontstaan om te verduidelik dat dit beter gaan maar dat hulle hom nie kan sien nie.

Die hele oggend word vloeistof op Andries se tong gedrup en kort kort word nuwe blare op die wonde gesit nadat die mutidokter poeier opgesit het Teen die aand val Andries in n rustige slaap weg en begin die mutidokter se behandeling werk. Hy slaap die nag half in n koma deur totdat hy die volgende oggend wakker word. Nandi wat by hom sit voel hoe die vreugde in haar hart opspring toe sy ooglede begin flikker.

Hierdie man het n snaakse uitwerking op Nandi en gaan haar hele vrouwees uit na hom van begeerte.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Julie 21, 2017

      Ek lees lekker!!

    2. profiel foto van neels

      neels

      Julie 22, 2017

      dankie baie

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 164
    Kommentaar telling: 1104

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 4 gaste aanlyn

    Bydrae Totale