Jongste aktiwiteit:

NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 16

HOOFSTUK 16

Dit is Raba se fyn gehoor wat die geluid van die Cessna se enjins op die eerste dag al opgetel het waar hulle langs die rivier besig was om n skuit voor te berei vir die reis Manaus toe.

Toe hy die geluid hoor staan hy doodstil en toe Andrie vraend na hom kyk glimlag hy: “Andries ek hoor n vliegtuig en daardie vliegtuig vlieg taamlik laag. Ek dink hulle soek ons, hulle het die boodskap in Manaus gekry dat ons oppad is”.

Raba luister fyn maar dan hoor hy hoe die vliegtuig klim en draai en die geluid van die enjins in die verte wegsterf. Teleurgesteld kyk hy vir Andries: “Hy het te gou gedraai. As hy nog n paar minute aangehou het sou hy ons gesien het maar ek dink hy sal more weer kom. More moet ons reg wees. Ek het nog een ligpyl oor vir die pistool en sal hom more afvuur as ons die vliegtuig weer hoor”.

Dit is die aand n redelike opgewonde atmosfeer wat in die stat heers en deel die Indiane in hulle vreugde. Al een wat nie in die vreugde deel nie is Nandi. Sy begin die gevoel kry dat hulle nou oppad is na n vreemde wêreld wat sy nie ken nie. Haar gedagtes maal en kom sy tot die slotsom dat sy ter wille van Andries alles sal doen om aan te pas maar dat sy van Rosa sal moet ontslae raak want sy weet in haar hart dat die tweestryd tussen haar en Rosa oor hulle liefde vir Andries vinnig tot n punt sal moet gedryf word as sy as die wenner uit hierdie stryd wil tree. Sy is nie daarvan bewus dat Rosa met dieselfde gedagte sit nie en begin die haat tussen die twee vroue opbou.

Die aand oorrompel Nandi vir Andries weer om hulle liggame te laat een word want dit is al manier wat sy van weet om Andries van haar liefde te oortuig. Wat sy nie weet nie is dat een van die Indiane sy hart op haar verloor het en ernstig begin planne maak om haar daar te hou as die geselskap vertrek.

Dit is volgende dag wat hy Raba eenkant toe roep: “Raba die meisie wat saam met julle gekom het, is sy werklik die man se vrou?”, vra hy.

Ratebe kyk Rabati verbaas aan: “Dit is n snaakse vraag wat jy vra. Waarom vra jy dit”.

“As sy nie is nie wil ek haar vir myself hê”, antwoord Rabati met n breë glimlag

Raba voel verligting deur hom spoel maar voel hy moet Rabati die waarheid inlig: “Nee hulle slaap net saam omdat hulle in die begin moes om te kan oorleef. Ek moet jou egter waarsku dat sy moontlik swanger kan wees want dinge het maar ver gegaan tussen hulle”.

Hier aan die rant van die woud geld die Indiaanse wette nie meer so sterk nie en het hierdie stam al redelik onder Westerse invloed gekom wat deur Indiane wat in Manaus werk ingebring is en is Rabate boonop so verlief dat hy nie omgee nie: “Maak nie saak nie Raba. Ek wil haar as vrou neem”.

Raba voel hier is die oplossing van die probleem: “Ek sal met hulle praat Rabate. Ek sal haar net moet oortuig om hier te bly as ons verder gaan want ek is oortuig daarvan dat sy in elk geval nie in Manaus sal aanpas nie. Ek sal die hoofman ook raadpleeg want sy is nog primitief genoeg om die hoofman se opdrag te aanvaar as hy haar opdrag gee om jou vrou te word”.

Raba begin eers by die hoofman en stel sy probleem aan Ratebe: “Ek het n probleem met Nandi. Sy is verlief op Andries en beskou hom nou as haar man. Aan die anderkant het Rosa ook hierdie tog onderneem omdat sy Andries lief het. Om hierdie twee vroue saam te neem Manaus toe is moeilikheid soek want hulle haat mekaar met n verterende haat en ek leef in vrees dat die een dalk die ander een kan vermoor. Wat die saak nog vererger is die moontlikheid dat Nandi dalk swanger kan wees met Andries se kind”.

Ratebe frons: “Raba jy het n probleem, wat stel jy voor om die probleem op te los”

Raba het mooi oor die saak gedink en het dadelik n oplossing: “Streng gesproke is ek nou Nandi se pa want ek het haar saam met Andries gekry. Rabate wil haar as vrou neem. Ek het hom ingelig oor die omstandighede maar hy is nogtans bereid om as sy vrou te neem. As hoofman het hulle jou toestemmig nodig hiervoor”.

“Laat hulle voor my verskyn Raba”, is die antwoord.

Raba laat nie op hom wag nie en kry vir Nandi en Rabate dadelik voor Ratebe.
Met die intrapslag praat hy met Nandi: “Jy dra moontlik n man se kind wat jy nie mee volgens Indiaanse tradisies mee getroud is nie. Jy weet wat die straf daarvoor is maar Rabate het tot jou redding gekom. Hy het my gevra om jou as vrou te neem en ek het my toestemming gegee. Jy sal dus saam met die jong meisies n slaaphut deel tot jy en Rabate volgens Indiaanse gebruik getroud is”.

Ratebe swyg n oomblik en praat dan net met Nandi: “Dit is beter so. Jy sal nooit kan aanpas in die wêreld waarheen hulle oppad is nie. Vir jou sal dit beter wees om hier te bly en n goeie Indianevrou vir n Indianeman te word”.

Nandi wil nog praat maar Ratebe hou sy hand op terwyl hy opstaan. Wat hom aanbetref is die saak afgehandel en moet Nandi maar daarby inval. Vir haar is die hoofman se woord nog wet en om dit te verontagsaam is groot probleme. Hy wat die hoofman se bevele verontagsaam word phirana kos. Nandi is redelik seker dat sy swanger is en ter wille van Andries se ongebore kind sal sy maar moet inval by die hoofman se besluit. Haar hart is net bitter seer oor die feit dat sy haarself vir Andries gegee het nadat sy hom help wegkom het en nou moet sy ontdek dat Andries haar nie lief het nie.

Na die verskyning voor die hoofman trek Raba vir Andries en Rosa een kant toe: “Nandi gaan nie saam verder nie. Sy bly hier agter om Rabate se vrou te word. Ek hoop dit stel jou tevreder Rosa”.

In haar hart kry Rosa vir Nandi bitter jammer. Dit is of die haat uit haar uit verdwyn en gaan sy na Nandi toe. Sy neem n verbaasde Nandi se hande in hare en trek sy Nandi vertroostend teen haar vas. Nandi se hart is seer maar weet sy daar is geen ander uitweg nie. Woorde is nie nodig nie en verstaan hulle mekaar. Daardie aand gaan slaap Nandi saam met die ander jong meisies in hulle hut terwyl Rosa saam met Andries en Raba in n hut, elkeen op sy eie slaapgoed slaap.

Die volgende dag gaan die voorbereidings vir die lang tog op die Amazone onverpoos voor. Raba sit hoog in n boom, gereed om die seinpistool af te vuur as hy weer die vliegtuigenjins hoor. Hy wil seker maak dat die seinpyl hoog die lug inklim soadat die vlieënier dit nie kan mis nie.

Toe hy die vliegtuigenjins hoor hou Raba die pistool in die lug. Hy kan hoor die vliegtuig vlieg laag en toe hy hoor dat die vliegtuig begin klim vuur hy die skoot af dat die seinpyl die lug inklim. Vir n oomblik raak hy bevrees dat hy die pyl dalk te laat afgevuur het maar dan hoor hy die vliegtuig sak weer om n paar oomblikke later laag oor die water te kom…hulle is gesien. Toe die vliegtuig by hulle verbygaan en klim om te draai en weer lag oor die water kom is Raba al op die grond en juig hy saam met die ander toe die vliegtuig begin nood voorrade uitgooi in die paar sekondes wat die vliegtuig by hulle verbygaan om weer te klim en in die verte te verdwyn.

Groot vreugde bars tussen die Indiane los en word daar dadelik skuite in die water gestoot om die voorrade te gaan oppik. Die voorraad word die middag tussen almal in die stat gedeel en bars daar die aand n fees soos min in die stat los want dit is ook die laaste aand voordat Andries hulle se terugvaart begin.

Tot Andries se vreugde lyk dit of Ramboesa en Nandi mekaar gevind het want die twee draai gedurig om mekaar.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed