Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 14

Deur neels
Datum gepubliseer: 20 Augustus 2017 Aantal woorde: 1490 35 Kere gelees 1

HOOFSTUK 14

Raba is die oggend vroeg by Pirri en verstaan hulle mekaar so effens. Met n skok moet Raba egter ontdek dat Pirri nie van plan is om Andries en Nandi te laat gaan nie. Pirri is bereid om hom en Rosa te help maar Andries en Nandi bly by hulle. Raba besef dit is hopeloos om Pirri te probeer oortuig en toe hy en Andries bymekaar kom sê hy dit vir Andries.

“Andries, hierdie man is bereid om vir my en Rosa weg te help maar nie vir jou en Nandi nie. Ons sal maar moet planne beraam om op ons eie weg te kom. Gelukkig is ons bitter naby die Amasone rivier en as ons net daar kan kom is ons veilig”.

Andries kan sy ore nie glo nie maar besef dat Raba die waarheid sal praat. Wat Andries egter skok is Raba se volgende mededeling: “Andies ek is bekommerd oor hierdie twee vroumense. Hulle haat mekaar soos gif. Hulle het jou altwee lief en hulle beskou mekaar as n bedreiging. Jy sal met Nandi moet praat dat sy haarself in toom hou. Ek het gisteraand al met Rosa gepraat en vir haar gesê die laaste waarvoor ek lus is is vroumens probleme, ons gaan genoeg ander probleme hê, hier moet ons nou al klaar planne maak om op ons eie hier weg te kom”.

Andries besef dadelik dat Raba n ernstige punt beet het en antwoord: “Dat Rosa op my verlief is het ek in my wildste drome nooit kon dink nie. Wat jy sê is waar en ek sal met Nandi moet praat. Probleem is dat Nandi reken sy is my vrou. My grootste vrees is dat sy nooit sal kan aanpas in Manaus by ons lewenswyse nie. Sy is n woudmens en ek sal graag eerder dat sy in die woud bly. Dalk moet ons dit oorweeg om haar te laat agterbly maar ek glo nie sy gaan daarmee tevrede wees nie”.

“Ek dink ons moet haar laat saam gaan tot by my mense en haar daar agerlaat. Ratebe sal haar aanvaar en kan sy daar inskakel. Sy is n mooi meisie en ek is seker daar sal n jong man oor sy voete val om haar as vrou te neem”, antwoord Raba.

Andries ken die Indiane se gewoontes en weet dat geen man aan n vrou sal raak wat al by n ander vrou geslaap het nie en hy moet Raba inlig hieroor: “Raba ek en Nandi het ons liggame laat een word, n paar keer nou al. Ek kon haar nie weerstaan toe sy my oorrompel het nie en het ingegee. Sy beskou haarself nou as my vrou”.

Raba gryp na sy voorkop en kyk Andries verwytend aan: “Dit was n fout Andries. Nou word dinge bitter moeilik. Rosa gaan dit nooit aanvaar nie en hier gaan moord tussen hierdie twee vrouens wees. Ek hoop net Nandi het nie swanger geraak in die proses nie want dan is daar groot probleme vorentoe”.

Raba sug: “Ons grootste probleem is om nou weg te kom. Ek sal vanaand weer met Rosa praat en haar vertel sy moet haar inhou. Jy sal dieselfde met Nandi moet doen. Hulle kan agerna loop baklei maar die vraag is voel jy iets vir een van die twee”.

Andries trek sy skouers op: “Nandi sal moeilik aanpas en nou dat ek weet Rosa is verlief op my moet ek eerlik wees, ek kyk nou met ander oë na haar”.

Ander toetreders be eindig die gesprek en word die aand weer n feesmaal soos min gehou. Slaaptyd is almal weer na hulle hutte en kry Raba en Andries die eerste kans om met die twee vrouens te praat. Albei kry egter n koue skouer en besef albei praat is nodeloos.
Deur die dag swyg die tromme want Baloe is besig om n verrassings aanval op Pirri en sy stam te organiseer. Pirri is dit egter te wagte en stel hy ook sy krygsordes op. Skuite met vegters word die rivier op gestuur en ander krygers begin die woud patrolleer al om die stat Raba kom gou agter wat aan die gang is en besef hulle sal vinnig moet wegkom voordat die twee stamme bots. Wat dit nou moeilik maak is dat Pirri besluit om snags ook wagte uit te sit en is hulle kanse om in die donker weg te kom nou bitter skraal.

Sonder woorde slaan hulle al die voorbereidings gade. Gif word aan gemaak, pyle word gemaak en die krygers is besig om hulle gesigte met oorlogs kleure te smeer.

Raba besluit om met Pirri te gaan praat en en dit is toe hy met n briljante plan vorendag kom om Pirri te oortuig om hulle te laat gaan. Hy kry Andrie een kant om die saak met hom te bespreek en Andries val dadelik in by die plan want hulle moet nou iets drasties doen om weg te kom.

Onder in sy pylesak het Raba n Very pistool weggesteek met drie ligpyle. Dit is toegedraai en het niemand dit sover ontdek nie.
Deel een van die plan is om Pirri te oortuig dat die wit god nie by hulle kan bly nie en dat hy n teken in die lug gaan gee om dit te bewys. Deel twee van die plan is dat Andries agter die hut wegkruip en dan die pistool skuins afvuur om n hut aan die brand te steek sodra Raba Pirri se volle aandag daarby het. Die latte van die hutte sal maklik brand en hoop hy maar dat die middag reën die latte nie so deurweek dat dit nie vlam vat nie. Dit is bietjie gevaarlik maar die doel heilig nou die middele en is dit al uitweg om weg te kom voordat n volskaalse oorlog tussen die twee stamme uitbreek.

Raba hoop dat hulle dan sal kan wegkom in die chaos wat dan gaan los breek as die Indiane die vuur probeer blus voordat dit na die ander hutte versprei. Die nag bespreek hulle die planne met die twee vrouens en word hulle gewaarsku om gereed te wees om vinnig pad te gee die volgende middag

Die volgende middag laat na die middag reën gaan praat Raba weer met Pirri met groot handgebare om krag aan sy woorde te verleen: “Die wit god wil nie hier bly nie en gaan die plek aan die brand steek as julle ons nie laat gaan nie”.

Pirri skud sy kop en beduie ewe hard terug dat hy en Rosa kan gaan, maar die wit god en sy vrou bly. Raba se dreigement dat die wit god die stat aan die brand gaan steek help ook nie.

Toe Raba as afgesproke teken sy kop twee keer knik hou Andries die pistool, wat Raba in die hut vir hom gegee het waar niemand dit sien nie, skuins en trek die skoot af. Dit is n voltreffer en die verskrikte Indiane gaan aan die gil en raas oor die helder geel kleur wat oor hulle koppe seil en in die meisies se slaaphut vasslaan. Andries sit vinnig n tweede pyl in en trek die skoot weer skuins af om n ander hut te tref. Vir die gillende Indiane is hierdie een net te veel en ontstaan n gemaal en loop hulle mekaar uit die pad uit soos hulle probeer wegkom.

Rook begin by die een hut uittrek en bars dit hut in vlamme uit. Die ander hut begin ook rook en toe hulle dit sien besef die Indiane dat hulle vinnig iets sal moet doen om die vure te probeer blus om te keer dat vonke dalk die ander hutte aan die brand steek.

Die aanblik van die vlamme en rook uit die twee hutte uit bring n bietjie orde en hardloop die Indiane na die bome om take met blare in die hande te kry om die vuur te probeer blus. Die chaos gee Andries en Raba die kans om na die rivier toe te ontsnap om n skuit in die hande te kry. Hulle kanse om weg te kom is baie goed want die Indiane gaan n rukkie besig wees om die vuur te probeer dood kry.

Na vyftien minute is hulle by die rivier. Een van die platboomskuite word vinnig losgemaak en op die river gestoot. Die skuit is bietjie oorlaai maar die stroom vat die skuit vinnig met sy vier insittendes en met die roeispane word die skuit na die middel van die stroom gehelp en begin die vaart onder die sterrelig. Toe die maan later opkom help dit baie om hulle op koers te hou in die middle van die stroom.

Hulle reis deur die nag om so ver as moontlik van Pirri se stam af weg te kom voor dit daglig word en daar na hulle begin gesoek word. Die Indiane sal wel ontdek dat daar n skuit vermis word en besef dat hulle met die rivier langs ontsnap het.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 164
    Kommentaar telling: 1104

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 26 gaste aanlyn

    Bydrae Totale