Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 13

Deur neels
Datum gepubliseer: 18 Augustus 2017 Aantal woorde: 1171 19 Kere gelees Hou van

HOOFSTUK 13

Die aand van die ontvoering sak Raba en Ramoa stil uit uit die bome uit. Hulle beweeg na die grens van die stat en tot hulle tevredenheid sien hulle dat Andries en die Indiaanse meisie weer in dieselfde hut gaan slaap.

Toe hulle doodseker is dat daar geen beweging is nie sluip hulle nader. Die aanval op die twee wagte is vinnig en doeltreffend. Hulle sit met hulle rugkante na die hut toe en sluip Raba en Ramosa stil op hulle af. Met n stewige greep word die twee wagte van agter af vasgevat en hande oor hulle monde geklamp dat hulle nie n geluid kan uitkry nie. Met harde steekhoue op die regte plek sak hulle op hulle knieë en word hulle sag neergelaat.

Raba sluip die hut in maar is Andries en Nandi nog wakker. Toe Andreis opvlieg maak Raba hom vinnig stil: “Sjjt dit is ek, Raba. Ek het jou kom haal”.

Ook Nandi vlieg verskrik op maar Andries beduie vir haar dat sy moet stil bly. Aan Andries se lyftaal kom sy agter dat die persoon hulle kom help het en staan sy stil saam met Andries op.
Hulle verlaat die hut stil en sluip weer aan die agterkant om en kry koers rivier se kant toe saam met Raba en Ramosa. By die rivier word die skuit in die water gestoot en begin hulle reis op die rivier in die skemermaan lig wat die wêreld dof verlig en hulle help om koers te hou. Hulle vaar op die rivier tot laat in die oggend sonder ophou om sover as moontlik van die stat af weg te kom.

Toe die Indiane die oggend ontwaak en die twee dooie wagte voor die hut ontdek breek chaos los. Baloe is woedend en begin dadelik organiseer. Die twee dooie wagte beteken vir hom net een ding, die twee het met hulp van buite af ontsnap en is hy redelik oortuig daarvan dat dit die werk van Pirri se mense is. Hulle het natuurlik uit die trom boodskappe die afleiding van die wit god by hulle gemaak en het hy besluit om die god vir homself te kom haal.

Hulle ontdek die spore rivier toe gou en besef Baloe dadelik dat hulle op die rivier begin vaar het. Dadelik word van die skuite in die water gestoot en begin die agtervolging. Net om seker te maak word van die jagters ook die woud ingestuur om te soek in die rigting van Pirri se stat. die vrouens moet dadelik aan die werk spring om pyle te maak en die punte in gif te doop want Baloe is nou bloeddorstig.

Toe die dag breek gly die platboomskuit met die vier insittendes sonder ophou vinnig deur die water. Die vier mans roei hard om die voorspong op te bou tussen hulle en die agtervolgers. Gelukkig het hulle n redelike voorsprong opgebou en is dit tyd om aan wal te gaan om vinnig iets te ete te kry. Van jag is daar nie sprake nie en rus die manne net bietjie terwyl Nandi vir hulle n paar bolle gaan soek wat hulle sommer so rou kan eet.

Deur die oggend het hulle by n paar verbaasde visskuite verby geskiet en het die tromme ook begin raas wat hulle vertel dat hulle ontsnapping ontdek is en dat daar na hulle gesoek word.

Na n rukkie se verposing om die roeiers te laat rus begin die tog weer. Hulle laat hulle nie deur die reën afsit nie en roei tot laat in die aand voor hulle aan wal gaan om vir die nag te rus.

Weer is van jag nie sprake nie en moet hulle maar weer met rou bolle tevrede wees voordat hulle in die bome klim om te gaan rus. Een bly op die grond om wag te hou en los die mans mekaar deur die nag af om wag te staan tot vroegoggend wat hulle weer die vaart hervat.

Dit is toe hulle om n draai gaan wat hulle die platboomskuite van voor af gewaar wat hulle tegemoet roei. Pirri se mense wat hulle tegemoet roei.

Ramosa erken hulle dadelik en waai met sy arms van ver af terwyl hulle nou net nader gly op die stroom, spane nou ingetrek.

Die skuit vorm n kring om hulle skuit en begin die terugreis na Pirri se stad toe. Hulle laat hulle nie deur die reën afsit nie en bereik hulle die middag laat die stat om feestelik ontvang te word. Een van die skuite het die middag n rukkie aan wal gegaan om die tromme boodskap te stuur dat hulle oppad is.

Pirri staan self by die skuite se vasmeerplek om die wit god te verwelkom. Hy is ten volle in sy hoofmandrag geklee, luiperdvel lendeskort, veredos op die kop en gesig besmeer met verf.

Toe Andries grondvat is Pirri by en omhels hom soos n lang verlore broer, vat hom aan die arm en begin aanstap met hom.

Rosa staan n entjie terug en haar oë is op Nandi gevestig toe Nandi uit die skuit uitklim. Sy voel n jalousie in haar posvat en toe die twee vrouens se oë ontmoet is dit n harde sein wat hulle vir mekaar stuur en weet albei, hierdie gaan n stryd tot die dood toe wees. Raba sien dit raak en raak diep bekommerd. Hy besef dadelik dat dit n moeilke reis terug gaan wees met twee vroue wat mekaar soos gif haat maar op hierdie stadium kan hy niks daaraan doen nie. Die Indiane gaan van Andries en Nandi verwag om n hut te deel slaaptyd en sal hy en Rosa ook n hut moet deel. Hy het dit oorweeg om hulle te skei dat hy en Andries saam met die jong manne in die groot hut slaap maar nou is hy bang daarvoor want die twee vroue kan mekaar dalk vermoor.

Die vure brand hoog die aand want vir hierdie stam is die aankoms van die wit god n feestelike geleentheid. Ten spyte van die kommunikasiegebrek is almal in n feestelike stemmingbehalwe vir Rosa en Nandi. Hulle het nie woorde nodig om hulle haat teenoor mekaar uit te spreek nie en met hulle oë dra hulle die haat vir mekaar oor.

Die aand toe hulle inkruip klim Nandi dadelik by Andries in. met vroulike lis oorrompel sy hom en ry hulle weer saam op die wolke van die liefde tot hulle saam deur die hemelse genotsgrens bars in die eenwording van hulle liggame.

Intussen lê Rosa met moord in haar en voel afguns en jaloesie doodstil langs Raba.

Raba voel hy moet Rosa aanspreek voordat daar problenme kom: “Rosa ek wil nie moeilikheid op ons terugreis hê nie. Omstandighede is moeilik genoeg en die laaste wat ek nodig het is moeilikheid tussen jou en hierdie Indiaanse meisie saam met Andries. Julle kan julle dinge uitsorteer as ons weer in Manaus is”.

Rosa antwoord nie en Raba kry die gevoel dat hy net sowel met die bome daar buite kon gepraat het.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 152
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 72 gaste aanlyn