Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 12

Deur neels
Datum gepubliseer: 16 Augustus 2017 Aantal woorde: 1186 31 Kere gelees 2

HOOFSTUK 12

Die trommeboodskappe lei Raba en Rosa al nader na Andries. Raba het afgelei van die laaste tromme boodskappe dat Andries en Nandi gevange gehou word deur n Indiane stam wat naby hulle is. Van die feit dat daar n meisie by Andries is swyg hy maar raak bekommerd daaroor.

Hy sit egter die reis saam met Rosa voort en begin hy planne maak van hoe hulle Andries in die hande gaan kry as hulle naby die stam wat hom gevangene hou kom. Hy besef dat dit n fyn beplande operasie sal moet wees om Andries te bevry en dat dit in die nag sal moet wees. Hy sal Rosa ook nou in sy planne moet begin betrek want hy sal haar hulp nodig hê.

Hy begin sy voorbereidings om haar n blaaspyp te leer hanteer en dan sal hy die boog hanteer as dit op n konfontrasie neerkom. Gelukkig leer Rosa vinnig en bemeester sy die blaaspyp in n dag se tyd.

Ook Raba en Rosa loop hulle in Indiaanse jagters vas. Die dialek verskil bietjie van Raba se dialek maar verstaan hulle mekaar. Tot Raba se blydskap is die Indiane redelik vriendelik en word hy dadelik saam met Rosa na die hoofman toe geneem.

Pirri, die hoofman, luister geduldig na Raba se storie en dan verras hy Raba: “Die man wat jy soek word deur die buurstam gevangene gehou maar daar is n meisie by hom wat sy vrou is. Hulle beskou hom as n geskenk van die gode en sal hom baie goed oppas. Om hom daar uit te kry gaan n geveg afgee want hulle gaan alles in die stryd werp om hom by hulle te hou. Ek en my mense is bereid om saam met jou te gaan om die wit god te bevry”.

Wat hoofman Pirri egter nie sê nie is dat hy bybedoelings het, hy sal graag die wit god in sy stat wil hê.

Nadat hulle ge eet het word al Pirri se voorstes bymekaar geroep en planne gesmee oor hoe om die wit god te gaan bevry. Die samesprekings is heel opgewonde maar Rosa het nie n idée van wat aangaan nie. Sy moet maar wag tot die aand dat hulle gaan slaap om by Raba te hoor wat aangaan. Raba vertel haar alles maar hy swyg oor die nuus dat daar blykbaar n Indiane meisie saam met Andries is.

Die volgende dag begin die beplanning vir die aanval op die buurstam in alle erns.

Raba besluit om die volgende middag tot by die buurstam se stat te sluip om eers te spioeneer. Hy is deeglik bewus daarvan dat die Indiane bitter bang vir die donker is en dit nie maklik buite hulle stat in die donker sal wag nie. Sy plan is om tot naby die stat te beweeg deur die dag en dan in die aand te kyk in watter hut Andries en die meisie is dat hulle kan seker maak watter hut hulle moet bestorm om Andries te bevry.

Die moontlikheid bestaan ook dat hulle Andries en die meisie dalk stil stil deur die nag kan kaap en saam met hulle kan bring sonder dat die Indiane dit agterkom.

Rosa moet maar tevrede wees met Raba se planne alhoewel sy nie baie gelukkig voel oor die feit dat sy alleen in die stat moet agterbly nie. Sy sou baie eerder wou saam gegaan het maar Raba sit sy voet neer. Sy bly en daar is wel twee van die Indiane wat saam met hom gaan. Om hierdie Indiane sover te kry het nogal heelwat oorreding gekos. Eers nadat Pirri hulle beloof het dat hulle twee van sy dogters as vrou kon kry het die dapper Ramoa en Kalaki ingestem om saam met Raba op hierdie verkenningstog te gaan.

Hulle vertrek die oggend vroeg. Hulle beweeg stadig deur die digte woud want hulle moet versigtig beweeg om nie opgemerk te word nie. Hulle bereik die grens van die stat net voor donker die volgende aand.

Tot hulle blydskap is die stat naby die wal van die rivier en lê daar n paar platboom skuite wat deur die vissermanne gebruik word. As hulle n platboomskuit steel kan hulle vinnig wegkom voor die ontvoering ontdek word. Die Indiane sal wel spoedig ontdek dat daar n skuit weg is maar teen daardie tyd sal hulle n redelike voorsprong hê.

Nadat hulle hulleself ingerig het wag hulle tot dit heeltemal donker is voordat hulle nader sluip tot tussen die laaste bome aan die rant van die stat.

Hulle merk vir Andries en Nandi gou op en sien hulle bietjie later in watter hut hulle ingaan om die nag deur te bring onder die wakened oog van twee wagte wat voor die hut stelling inneem.

Dit skep n probleem want Raba het gehoop dat hulle onbewaak sal wees in die nag. Om die stat stil in te sluip en Andries te gaan haal kan gedoen word maar dan sal daar eers van die twee wagte moet ontslae geraak word.

Raba en Ramoa beraadslag n bietjie en kom tot die besluit dat hulle dit tog gaan wag. Hulle sal om die stat moet beweeg dat hulle die wagte van agter af te kan bekruip. Blaaspypies sal nie werk nie want dan gaan die wagte kans kry om alarm te maak voordat die dodelike gif hulle werk doen. Hulle sal dus moet bekruip word en met messe uit die weg geruim moet word.

Dat die hel sal losbars as dit lig word en die twee wagte ontdek word en hulle agterkom dat Andries weg is is verseker. Dat die hoofman dan n volskaalse soektog na hulle op tou sal sit kan hulle maar aanvaar, die aanval sal dus moet plaasvind sodra al die Indiane gaan slaap het dat hulle die maksimum tyd het om weg te kom voordat die dooie wagte ontdek word en daar ontdek word dat Andries weg is.

Raba en Ramoa wik en weeg. Dan besluit hulle om weer terug te beweeg en in die dag om die stat te sirkel dat hulle hulle plan oor drie aande in aksie kan stel.
Kalaki moet vroeg oggend terug gaan om verslag te doen en moet hy sy stam versoek om uit te beweeg om hulle tegemoet te kom om as buffer tussen hulle en die Indiaanse stam te dien. Om die aanval oor drie aaande te loods gee Kalaki kans om by sy stam te kom

Hulle soek vir hulle n gerieflike slaap plekkie uit en slaap om die beurt terwyl een wag hou om hulle teen ongediertes te beskerm.

Kalaki vertrek vroeg in die oggend en begin die geduldige wag tussen die bome vir die tyd om ryp te word vir hulle ontvoerings poging. Dit bring mee dat hulle hoog in die bome moet opklim om nie deur die jagters ontdek te word as hulle uitgaan nie. Hulle kom snags af en moet maar tevrede wees om op bolle te leef want hulle kan nie wag om te jag of vuur te maak nie want dan sal hulle beslis ontdek word en is die hele ontvoeringspoging daarmee heen.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 169
    Kommentaar telling: 1104

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 28 gaste aanlyn

    Bydrae Totale