Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 11

Deur neels
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 1447 51 Kere gelees Hou van

HOOFSTUK 11

Ook Nandi en Andries se reis tel probleme op toe Nandi per ongeluk op n giftige spinnekop trap terwyl hulle die platboomskuit om n stroomversnelling moet dra en die spinnekop sy knypers in haar voet vas slaan.
Die Indiane wat saam met hulle was het terug gedraai en is hulle nou op hulle eie aangewys.

Die pyn is erg en sak Nandi met n kort skree in mekaar wat die skuit op die grond laat val terwyl sy in mekaar sak. Andries is dadelik by en toe hy haar voet optel sien hy die rooi kolle waar die spinnekop sy knypers in Nadi se voet ingeslaan het. Hy kan ook sien dat die plek begin swel.

Daar is net een genade, hy sal haar voet dadelik moet sny en die giftige bloed uitsuig voordat die gif kans kry om deur haar liggaam versprei maar eers moet hy die bloedsomloop afbind .

Andries kry vinnig n lang slingerplant waarvan hy n tou kan maak en bind hy die bloedsomloop net bokant Nandi se voet af waarna hy haar voet met sy skerp houtmes sny en begin suig. Elke slag as hy gesuig het moet hy die bloed uitspoeg tot hy tevrede is dat hy min of meer al die vergiftigde bloed uit het.

Nadat hy die bloed uit het gee hy die afbindtou skiet want Nandi se voet begin al blou word van die suurstof en bloed gebrek. Gelukkig het sy voorsorg getref vir so iets en beduie sy vir Andries om van die stinkende salf, wat van plante gemaak is aan die snyplek te smeer.

Dit is baie duidelik dat hulle vir n paar dae nie sal kan verder gaan nie want Nandi se voet moet eers herstel tensy hy die platboomskuit om die stroomversnelling kan kry en dan vir Nandi kan kom haal want hy sal haar moet dra.

Andries besluit om die skuit alleen om die stroom versnelling te sleep want hy wil nie wag tot Nandi se voet herstel het nie. Dit neem hom omtrent die hele oggend en moet hy Nandi in die middag in die reën abba en is dit al aand toe hy uiteindelik weer die plek anderkant die versnelling bereik en besluit hy dat hulle maar daar sal oornag.

Nadat hy hulle slaapvelle oopgegooi het moet hulle met honger mae gaan slaap want daar is nie nog tyd om iets te ete te maak nie.

Deur die nag word Nandi koorsig en maak Andries omtrent nie n oog toe nie. Die hele nag moet hy Nandi kort kort afspons om die koors sweet van haar af te kry maar word sy teen die oggend rustig nadat hy van die medisyne wat sy by haar gehad het in haar keel af forseer het en raak hy ook aan die slaap.

Toe hulle wakker word is dit al laat oggend en besluit Andries dat hy eers n plan sal moet maak dat hulle iets te ete kry. Hy is gelukkig om n aap geskiet te kry en neem die afslag n hele rukkie. Hulle is honger en maak hulle dadelik vuur om die aap te braai.

Ongelukkig vir hulle het die rook aandag getrek en toe hulle weer sien is hulle omsingel deur n klomp Indiaanse jagters wat baie dreigend voorkom.

Die leier tree dadelik na vore, beskou hulle maar toe hulle met hom probeer kommunikeer word dit vinnig duidelik dat hulle dialek totaal onverstaanbaar is. Andries kry dit darem in sy kop dat Nandi se voet nie reg is nie en beskou die Indiaan die wond aandagtig. Sonder seremonie moet Andries haar weer op sy rug tel en word hulle weggelei na die stat toe wat n ent laer af teen die rivier is. Andries se wapens word ook afgevat en dit laat n aaklige vermoede in hom posvat.

Die inwoners van die stat kloek opgewonde om hulle saam. Hulle onthou die storie van die wit god wat met die ystervoël uit die lug uit neergestort het en die hoofman, Baloe, besluit dadelik dat hy gaan seker maak dat die wit god by hulle bly. Die toordokter word dadelik nader geroep om aandag aan Nandi se voet te gee en word sy in n hut ingedra waar die toordokter met haar voet besig raak. Versigtig bekyk hy die wond en bedek die wond met n taai salf waarna die wond met blare toegemaak word om te herstel.

Andries word langs die hoofman sit gemaak en dadelik is een van die vrouens by met n bak kos wat Andries moet afwurg om die vrede te bewaar. Die hoofman probeer sy bes om met Andries te praat maar hulle verstaan mekaar nie.

Gelukkig jaag die reën hulle vroeg hutte toe en toe n gewapende Indiaan in die deur gaan sit weet Andries, hier gaan hulle nie maklik wegkom nie, hulle gaan dag en nag bewaak word. Op die oomblik maak dit egter nie vir hom saak nie want Nandi se voet moet eers herstel voordat hulle verder kan gaan.

Andries se vermoede word die oggend toe hy wakker word bevestig toe die Indiaan nog steeds in die deur sit. Hiervan hou hy niks en besluit hy hy sal vandag op een of ander manier met die hoofman moet kommunikeer oor hierdie aangeleentheid.

Die toordokter is ook vroeg by Nandi en beskou die wond in haar voet aandagtig. Hy vee eers die salf met n brousel af wat Nandi laat brul van die pyn. Nadat hy die wond beskou het smeer hy weer salf aan en beduie met sy kop dat hy tevrede is met die wond.

Andries is vroeg by die hoofman en met gebaretaal wys hy na die hut en na die Indiaan wat hulle bewaak en skud hy sy kop om sy ontevredenheid hieroor te kenne te gee. Die hoofman verstaan maar skud sy kop, die wag bly.

Volgende wys Andries na die wag se wapens en dan na homself, hy soek sy wapens terug. Weer skud die hoofman sy kop, wat wil n man met n wag met wapens maak terwyl die wag daar is om hom op te pas.

Andries besluit om die saak maar eers daar te laat en hom rustig te gedra, dalk kan hy die Indiane se vertroue op hierdie manier wen en kan hy in elk geval niks doen voor Nandi se voet nie herstel het nie. Hy gaan intussen hulle dialek probeer baasraak want hy wil probeer uitvind hoe ver dit nog is voor die rivier in die Amasone uitmond.

Dit doen hy deur saam met sy wag tot by die rivier te stap. Daar trek hy twee strepe op die grond wat doodloop in twee breë strepe en na die rivier te beduie. Tot sy verrassing verstaan die Indiaan en wys hy vier vingers. Andries weet nie mooi wat hy bedoel met vier vingers nie maar hy is tevrede dat hulle nie meer te ver kan wees nie.

Na n week is Nandi se voet so herstel dat sy kan beweeg en is Andrie weer by die hoofman. Hy probeer dit aan die hoofman se verstand bring dat hulle snags alleen wil wees. Hy beduie weer na die wag en dan na hom en Nandi. Wat hy probeer beduie doen hy verder deur Nandi teen hom vas te druk en agter haar rug tekens met sy vingers te maak. Dit verstaan die hoofman goed en knik hy sy kop, hulle sal nou snags nie meer n wag in die deur van die hut hê nie.

Ongelukkig vertolk Nandi dit verkeerd toe Andries haar teen hom vasdruk. Sy verstaan dat Andries haar nou as sy vrou neem en die aand toe hulle gaan lê kom lê sy teen Andries en haar vingers begin oor Andries se bors streel. Andries verstyf onmiddelik maar Nandi laat haar nie afsit nie. Toe haar hand laer begin dwaal breek alle weerstand in Andries en neem Nandi besit van hom en voer die liefdesdaad tot op die uiterste en breek hulle saam deur die grens van ekstasie genot wat hulle uitasem langs mekaar laat lê om n rukkie later weer die liefdesspel te hervat.

Toe hulle uiteindelik aan die slaap raak is dit net na middernag. Dit is toe Andries wakker skrik in die vroeë oggend wat die implikasies van wat tussen hulle gebeur het ten volle tot hom deurdring. Hy lê lank en dink met n slapende Nandi langs hom en dan besf hy dat hy nou n groot verantwoordelikheid teenoor haar het. Nie alleen het hy sy vryheid aan haar te danke nie maar as sy moet swanger raak van die nag se gebeure sal hy haar nie in die steek kan laat nie.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 164
    Kommentaar telling: 1104

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 68 gaste aanlyn

    Bydrae Totale