Jongste aktiwiteit:

NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 1

HOOFSTUK 1

Andries Verwey was van kleins af versot op vlieg en vliegtuie. Vandat hy die eerste keer sy oë op n Tiger Moth gelê het tydens n lugskou was daar geen keer aan hom nie. Uit visblikke en stukke plank het hy model vliegtuie gebou en die hele dag met hulle rond gehardloop terwyl hy vliegtuig geluide gemaak tot groot vermaak van die ander kinders wat hom baie keer gespot het hieroor.

Sy trotse besitting was n model vliegtuigie wat sy pa vir hom gekoop het met sy tiende verjaarsdag wat hyself kon bou. Die lekker van die balsahout vliegtuigie was dat dit n endjie kon vlieg as jy dit in die lug gooi en het hy die hele dag daarmee rondgehardloop. Menige vuisgeveg het ontstaan as van die ander seuns sy vliegtuig by hom wou afneem maar Andries kon homself goed verdedig. Die vliegtuigie het hy soos goud opgepas en het dit later jare saam met hom lugmag toe gegaan.

Andries het maar arm groot geword, sy pa was maar n gewone arbeider op die myn, en was die volg van n vliegkursus finansieël net buite hulle bereik. Die lugmag was op daardie stadium ook net beskore vir die meer gegoede mense se seuns en het dit vir Andries gevoel of dit neusie verby is met sy planne om n loods te word., sy pa het daarop aangedring dat hy moet myn toe kom. Andries was nie baie lus hiervoor nie en het sy pa se aanhoudende gehoes as gevolg van longtering hom n ewige renons in die myn gegee.

Vir Andries was dit ondenkbaar om hele dag onder in die donker rond te kruip in n bedompige atmosfeer. Vir Andries was die lug die plek om te wees waar jy vry kan asemhaal en oor ver horisone kan sien.

Met die uitbreek van die tweede wêreld oorlog was Andries negentien jaar oud en was hierdie sy kans om die wêreld van vliegtuie permanent te betree deur by die lugmag aan te sluit as bomwerper loods.

Sy pa en ma was bitterlik hierteen gekant. Hy was die enigste kind en veral vir sy ma was dit onaanvaarbaar dat haar enigste kind oorlog toe moet gaan om dalk nooit weer terug te kom nie. Sy pa was net so daarteen gekant en het hy daarop aangedring dat Andries myn toe kom. Wat Andries se saak verder verswaar het is die feit dat die regering net vrywilligers oorlog toe kon stuur. Die verdedigingswet het dit duidelik gestel dat geen burger gedwing kan word om buite die landsgrense te gaan veg nie. Andries het hom nie daaraan gesteur nie. Met n toestemmingsbrief waarin hy sy pa se handtekening nagemaak het het hy afgesit Pretoria toe om by die lugmag te gaan aansluit.

Sy pa het gou ontdek dat Andries met n vervalste toestemmingsbrief by die lugmag aangesluit het. Ernstig siek is hy egter in die hospitaal opgeneem en kon hy niks aan die saak doen nie.

Negentien jaar is n bietjie jonk vir n loods het die lugmag gereken maar op twintig jarige leeftyd het Andries tog daarin geslaag om n bomwerper loods te word en is Noord-Afrika toe na sy opleiding.

Met verouderde Hartebees bomwerpers wat uit die eerste wêreld oorlog dateer moes moes hulle die ratse Italiaanse vegters trotseer. Meer moderne Bristol Blenheim bomwerpers is inderhaas voorsien toe die begin lyk het of die Italianers die oorhand gaan kry.

In die tyd is Andries se pa oorlede en het hy op verlof terug gekeer Unie toe vir n maand om sy ma te versorg. Al haar pleidooie om te bly het op dowe ore geval en is hy weer terug Noord-Afrika toe. Sy ma is kort daarna oorlede en was daar niks meer wat Andries aan Suid-Afrika verbind het nie.

Stories oor wat waaghals Andries alles aangevang het was legio. Die beste een was van die oggend vroeg toe hulle die Italiaanse kamp moes bombardeer. Blykbaar was daar niks om meer te bombardeer nie toe Andries hom die laaste keer gewaar het toe hulle laag oor die verwoeste kamp vlieg. Die kaal Italianer wat die rieme neerlê die woestyn in.

Sommer net vir die pret het Andries die poedelnakende Italianer heen en weer oor die woestyn gejaag met die Blenheim se pens wat raak raak aan die grond. Net voordat hy die Italianer raak het hy die Blenheim opgetrek, gaan draai en dan weer met die Blenheim se pens amper op die grond terug gekom om die Italianer n ander koers in te jaag. Hy het die Italianer n paar keer so rond gejaag en toe moeg geraak vir die speletjie en laat vat na sy tuisbasis toe.

Weerwraak het die volgende dag gekom toe n ratse Italiaanse vegter hom afgeskiet het en hy na twee dae amper dood by sy basis opgedaag het. Sy geluk was dit n Suid-Afrikaanse patrollie hom ontdek het toe hy deur die woestyn kruip. Twee dae onder die bakkende woestyn son sonder water of kos is nie maklik nie en dan bibber jy snags so van die koue dat jy nie kan slaap nie. Na n week in die siekeboeg was Andries weer reg.

Nog n keer afgeskiet maar hierdie slag was hy gelukkig. Hy en die navigator het gespring en was dit n resies tussen die Suid-Afrikaanse en Italiaanse magte om eerste by hulle te kom. Die Italianers het gewen maar die Suid-Afrikaanse magte het n Italiaanse loods as krygsgevangene by hulle gehad en is hulle summier daar in die woestyn uitgeruil, almal hoogs tevrede uitmekaar uit.

Toe die Duitse Afrika korps tot die stryd toegetree het met hulle Messerschmidts en Stukas.om die Italiaanse magte te ondersteun het Andries die rang van vlug luitenant beklee.

Eers het dit gelyk of die Duitse magte die oorhand gaan kry maar met die toetrede van Amerika tot die oorlog en die aankoms van Amerikaanse magte in Noord-Afrika is die bordjies verhang en moes die Duitsers Noord-Afrika ontruim saam met die Italianers.

Die top van sy loopbaan was toe die Italianers en Duitsers uit Noord-Afrika verdryf is en hy ook met die Avro Lancasters kon vlieg soos die Gallieerde magte deur Italië gevorder het. Eers is hulle gebruik om die olie instellasies van Ploesti in Romenië te bombardeer maar het hulle ook Duitse gebiede in Europa begin bombardeer.

Vier keer afgeskiet het hy elke slag daarin geslaag om die dood te flous en weer te vlieg. Dit is behalwe die kere wat hulle met n flenters geskiete vliegtuig weer hulle basis kon haal.

Twee keer het hulle in die see beland en is weer opgepik en een keer in Frankryk waar die Franse weerstandsbeweging vinniger as die Duitsers was om hulle in die hande te kry en is hulle weer terug gesmokkel is Engeland toe.

Die laaste keer toe hy afgeskiet was was eintlik n vloekskoot. Die Duitse lugmag het feitlik geen vliegtuie meer gehad nie en het Andries hom op sy laaste vlug in een van die enkele nuwe Messerschmidt Me 262 straal jagters oor Frankryk vasgeloop.

Die ME 262 was een van Duitsland se nuwe generasie straaljagters en was daar enkeles van hulle al operasioneel. Hierdie meneer het Andries se Lancaster van agter af bekruip en in die verbygaan daarin geslaag om drie van die Lancaster se motore stukkend te skiet en toe in die niet verdwyn. Andries het daarin geslaag om die Lancaster met een motor in die lug te hou tot sy bemanning kon spring maar toe toe hy moes spring was die Lancaster al te na aan die grond dat hy met n valskerm kon spring. Noodgedwonge kon hy kies tussen spring sonder valskerm of saam met die vliegtuig grond toe gaan. Hy het toe besluit om te spring en met n gelukskoot in n hooimied beland.

Vir hierdie heldedaad het Andries n D.F.C. toekenning ontvang saam met die D.S.O. wat alreeds ontvang het.

Aangesien Frankryk reeds ontset was het hy geen probleem gehad om weer by sy eenheid uit te kom nie.

Hy was een van die Suid-Afrkaanse loodse wat aan die Warschau sendings deel geneem het om die Poolse verset troepe van voorraad te voorsien en het baie keer met n flenters geskiete vliegtuig weer sy tuisbasis gehaal.

Andries het gevorder tot vlugkaptein en met die einde van die tweede wêreld oorlog het Andries in die S.A. lugmag aangebly met die rang van kaptein maar dit kon nie sy avontuurlus bevredig nie. Die vredestydse lugmag was gans en al te dood vir hom.

Hy het uit die lugmag bedank en by n huurvlug maatskappy in Brasilië gaan aansluit wat huurvlugte in n ontwikkelende land verskaf het met Dakotas wat uit Amerikaanse militêre oorskot gekoop is. Dit was nou wel nie oorlogstoestande nie maar die vlugte het volop avontuur ingehou.

Na n tyd het Andries die maatskappy verlaat en vir hom n Piper Cherokee gekoop. Omdat die huurvlug maatskappye meer op groter vragte begin konsentreer het het daar n behoefte ontstaan vir vinnige vervoer van klein vragte en miskien twee of drie passasiers tussen die stede om die Amazone met Manaus as sy hoofkwartier.

Hy het naby die lughawe vir hom n woonstel gekoop wat hy baie gerieflik ingerig het en toe ontmoet hy vir Corletta een aand toe hy bietjie uitgegaan het

Corletta met haar lang golwende swart hare en ferm borste. Corletta met haar slanke figuur en haar pragtige bene en was dit nie lank voordat Corletta by hom ingetrek het nie.

Dit was n vurige verhouding tussen hom en die aansienlik jonger Corletta maar was dit ook n kortstondige verhouding. Corletta was nie lank tevrede nie en toe trek sy uit want sy was nie tevrede met die alleen nagte as Andries weg was nie. Sy het haar kans waargeneem om die kuierplekke te besoek as hy weg was en het dit haar nie lank geneem om aan te beweeg nie.

Een dag toe Andries die woonstel ingestap het was sy weg. Sy het net vir hom n briefie nagelaat dat sy iemand anders ontmoet het en nou by hom gaan bly.

Andries se hart was stukkend maar het hy homself ook voorgeneem om nooit weer n vrou in sy lewe toe te laat nie en hy het ook nie.

Op 35 jaar is hy dus n gemaakte alleenloper en almal het dit maar so begin aanvaar.

Andries se diens het gou gewild geraak en is hy en die Piper feitlik voltyds in die lug. Dit is net wanneer die Piper versien moet word dat hy vir twee of drie dae nie kan vlieg nie en het hy n tweede Piper aangeskaf wat hy dan kon roteer met die ander een wanneer dit nodig is. Die tweede Piper het hy met n ekstra brandstof tenk laat toerus vir langer vlugte waarvoor ook n behoefte ontstaan het.

Andries se besigheid floreer en het hy nie n oomblik terug te kyk nie tot die dag wat die noodlot toeslaan.

Andries is die dag gedruk vir tyd en besluit hy laat oggend om vanaf Manaus na Belem te vlieg om die volgende oggend betyds daar te wees vir n vroeë oggendvlug met twee passasiers wat moet terugkom Manaus toe.

Normaalweg probeer hy middagvlugte vermy as gevolg van weersomstandighede en dit altyd oor die Amasone reën in die middag. Soms reën dit swaar wat die uitsig baie beperk en swaar donderweer kan die instrumente beinvloed.

Toe hy sy vlugplan indien waarsku die beheer toring hom teen uitermatige donderweer aktiwitiete wat die middag verwag word tussen Belem en Manaus.

Ten spyte van al die nadele besluit Andries tog om die vlug te onderneem en styg hy so twaalfuur die middag op van Manaus se lughawe vir die ses ure vlug na Belem toe. Volgens die weerkaart kan hy dalk die ergste vermy deur dieper oor die Amazone in te vlieg om om die storm te kan vlieg. Met dit in gedagte neem hy die tweede Piper met nog brandstof aan boord vir ingeval daar iets gebeur.

Andries voorsien geen probleme nie want die Piper het so pas n groot diens gehad en het die vliegtuig die toetsvlug sonder haakplekke geslaag.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed