Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Nog nuttelose informasie (maar ek wou jou net laat weet het . . . ) 3

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 2 April 2017 Aantal woorde: 125 112 Kere gelees 4

Dis nege in die oggend –
dit ruik na reën hier in die Kaap.

By ENGEN vlieg ‘n hadeda
oor die vulstasie se dak
en in die Quick Shop
staan Huisgenoot en Son
langs Engelse koerante op die rak.
Die Burger is vanmôre
vroeg reeds uitverkoop.

Ek drink koffie by die tafel
(langs ‘n venster) in die hoek
en skryf vir jou op my tablet . . .

Die geur van Cappuccino
meng met dié van ‘n pastei
en drie mossies trippelloop daarbuite
oor rooi plaveiselstene.

NASIONALE LOTERY
wapper phanda pusha play
op geel baniere in die wind.

Die petroljoggie is vol grappies
wyl hy skuim van motorruite skraap.

Dis tienuur op ‘n herfsdag.

En dit ruik na reën . . .
hier in die Kaap.

© Carma Shaw
31 Maart 2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      April 2, 2017

      soos altyd leef mens jou in in jou skrywe Carma. pragtig geskryf

    2. profiel foto van Amaspoke

      Amaspoke

      April 3, 2017

      Mooi geskrywe, laat ‘n mens so bietjie stil sit . . .

      • profiel foto van Viooltjie

        Viooltjie

        April 9, 2017

        Baie dankie vir die stilsit, Casper. Ek waardeer jou lees en kommentaar 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 192
    Kommentaar telling: 707

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 64 gaste aanlyn