Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Nimbus van heimwee

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 2 Augustus 2017 Aantal woorde: 251 9 Kere gelees 3

Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas
daar by die gekoekte knoop in ons las
soos sandkorrels wat deur ons vingers val
lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal.

Jou sagte soene swaai nog oor my wang
elke keer as ek so innig na my duifie verlang
ek voel jou steeds bruisend aan my are hang
met ons geheime inpetto die tortel se sang.

My woorde klink dalk nou leeg en verboemel
stil-stom deur ‘n yskoue wêreld verfrommel
maar ons minneversies is getatoeëer
oor my hart se gebreekte snare tot jou eer.

Gee ons tog net een oomblik in tyd weer saam
spring saam met my oor die rand van die maan
huppel deur die eindpunt van ons melkweg
en vul my siel laggend om jou leemtes te versleg.

Die hartseer feit van hierdie goue uur
is verglaas in die skrif teen die muur
ek is vol hiemwee hier en jy is daar
my liefie, dit maak my trane loodswaar.

Ek skryf vir jou bekoorde lumier gedigte
soms soek ek jou oë in vreemde gesigte
laat jou hart weereens in my voetstappe sink
sodat ek jou half-glas oorvol vol kan skink.

Vandag plant ek vir jou ‘n spierwit rosie
in my tuin langs ‘n outydse son horlosie
waar tyd geboorte kan skenk aan ons drome
onder die skadu van pers jakaranda bome.

Ek reis dikwels na ons plekkie ver agter nou
waar jou Old Spice geur aan my gisters vasklou.

© 2016 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
*1950 A G Visser styl gedig




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 34
    Kommentaar telling: 3

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 119 gaste aanlyn