Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NAWEEK: Olifante

Deur Toom
Datum gepubliseer: 24 Junie 2017 Aantal woorde: 510 41 Kere gelees 1

NAWEEK: Olifante

Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie.

Dit was die eerste inleiding, die tweede volg:

Soos by die Joodse staaltjies wat hulle ondermekaar oor mekaar vertel, het die meeste volke sulke selflaggers*, die Duitsers ook.


Toentertyd toe dit so „vroeër” was, het die hoofredakteur van die Londense „Times” ‘n prys uitgeskryf vir die beste werk oor olifante. Dit was ‘n Dinsdag, en Woensdagvroeg toe die joernaliste werktoe kom, lê al twee gevoude bladsye papier in die briefkas in die huisdeur. Die eerste inskrywing, met die hand geskryf op briefpapier van die Atheneaum Club, om middernag deur ‘n diener per hand afgelewer: Hoe om ‘n olifant te skiet.

n Week later, met die nuwerwetse lugpos, uit Harvard Universiteit in Amerika, ‘n traktaatjie, ordentlik getik en met diagramme, wetenskaplike formels en kostenberekening: Hoe om groter en beter olifante te bou. Nog ‘n week later verskyn ‘n dun, estetiese boekie uit ‘n conservatorio della musica in ‘n klooster in die Italiaanse Alpe ‘n lang essay oor die betekenis van il elefant in die biografie en werke van Monteverdi, Vivaldi en Salieri” met notevoorbeelde by alle tekste. Na ‘n maand verskyn uit ‘n twyfelagtige adres aan die linkeroewer van die Seine in Parys in Frankryk, Die liefdeslewe van les élephants met detaileerde tekeninge van intieme aspekte uit die privaatsfeer van speelse olifante, ‘n sagteband wat in elke broeksak pas – spotbillig.

Ongeveer gelyktydig kom ‘n gedrukte boek uit Pole oor Die Rol van die Olifant in die Nasionale Vryheidsbestrewinge van die Poolse Volk oor die Eeue heen, met handgekleurde landkaarte wat die verloop van die belangrikste oorlogsgebeurtenisse oor die eeue aandui, met afbeeldinge sowel van die deelnemende hertzoë, prinse en ander magnate asook hulle heraldiek en die belangrikste krygsdiere in aksie, met ‘n huldigingsboodskap van Katerina die Grote aan die destydse poolse koning. Peperduur.
Uit Stellenbos skryf iemand met ‘n Skotse van ‘n hartstogtelike
pleidooi ten opsigte van die rol van die olifante in die verbreiding van die beskawing tydens die sendingarbeid onder die Naturelle aan die Oosgrens gelyktydig ‘n waarskuwing teen die drankduiwel”, gepaard met ‘n hartstogtelike pleidooi ten opsigte van die rol van die olifante in die verbreiding van die beskawing tydens die sendingarbeid onder die Hûttentûtten aan die Noordgrens gelyktydig `n waarskuwing teen die drankduiwel”, met die hoofoorskrif, Blaaie uit my predikversameling gedurende my sendingtyd onder die Naturelle aan die Oosgrens en onder die Hûttentûtten aan die Noordgrens, bestaande uit ‘n pleidooi ten opsigte van die rol van die olifante in die verbreiding van die beskawing, met besondere waarskuwings teen die drankduiwel.
Toe vergaan die maande en dit word ‘n
jaar; daar kom met die geregistreerde pos uit Duitsland die vier sentimeter dikke Band I, van die voorgesiene sesbandige werk, Der Elephant as Sulks.

(*Kopiereg: R 1 per gebruik; 12 keer R 10)

©24e.Junie2017_______…ooȰoo…________14e.Jan2012tje

 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 129
    Kommentaar telling: 130

    Dag-ook, alhoewel ek miskien 'n bietjie baie oor taalkwessies en filosofie mag redekawel, het ek NIE 'n graad of soiets in  taalkunde of wysbegeerte nie. Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, van biertjies op die stoep, dagblaaaie en vaktydskrifte en die gans normale daaglikse waansin. Sommiges het bly kleef. Weiniges.Sedert meer as veertig jare woon ek in Duitsland; het vrou, kinders, kinderssekinders, huis, hond gehad, katte ook, heimwee. Tweekeer het ek in hierdie tyd heimatverlof geniet.Eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies, stowwerige uitdrukswyse nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol.Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.- Oupa, nie alles wat lekker is, is soet nie. Proe maar hierdie klawerblad - dis mos lekkersuur, nè?So leer ons hopelik van mekaar. Groetnis vanToom

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 61 gaste aanlyn