Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Namakwaland

Deur Linda du Plessis
Datum gepubliseer: 1 April 2017 Aantal woorde: 476 95 Kere gelees 1

Liriek)
Namakwa o Namakwa

Namakwaland waar God sy saadjies saai
tot ‘n blommeprag elke jaar waai
blomliefhebber jonk en oud wat baljaar
Augustus tot Oktober die blomprag invaar
tasse en kameras gepak vir die skatkis
om glad nie die Namakwa kleureprag te mis

Namakwa Namakwa jou blomprag wag
vir almal oopgevou elke dag
Namakwa Namakwa jou skoonheid wag
geel oranje wit blou en rooi elke dag

Van Garies Hondeklip na Kamieskroon
waar Namaqua Park se mense woon
volg ons blommeprag by Springbok verby
busse motors almal wat agtermekaar ry
foto’s en video’s trap ons suutjies fyntjies sag
tussen blommeskouspel wat oopgesiggies wag

Namakwa Namakwa jou blomprag wag
vir almal oopgevou elke dag
Namakwa Namakwa jou skoonheid wag
geel oranje wit blou rooi elke dag

diere voëls en reptiel ‘n skatkisjuweel
wat soveel mense se harte steel
feeste en staptoer tussen blommeskou
verruil tekkies en stapskoene vir my en jou
stap en poseer ons in ‘n prag kleure skouspel
kan nie meer,die dae tot volgende jaar af tel

Namakwa Namakwa jou blommeprag wag
vir almal oopgevou elke dag
Namakwa Namakwa jou skoonheid wag
geel oranje wit blou rooi elke dag

(Gedig)
Namakwaland

Al ‘n jaar van te vore vra almal
wonder hoeveel Namakwalandsaadjies het uit God se hand geval
toerorganiseerders reël en vertel van ‘n fees van blommeprag
wat vir elke begeesterde toeris bontstaan en wag
datums word gegee van Augustus tot Oktober elke jaar
fotograwe toeriste oud en jonk gaan baljaar
tasse word gepak kameras lê gereed vir die kleurontploffing
wat Namakwaland se skatkis uit die grond gaan bring
GPS kaart en besprekings vir akkommodasie word gedoen
hoë hakke word verruil vir tekkies en gemaklike stapskoen

Opgewonde word die nagslapies afgetel
vir wanneer Namakwaland sy vaal dor mantel
afgooi vir die vier van die karnaval van ‘n kleurvertoning
wat geel, oranje, roesrooi, pers, blou en wit bring
Begin by Garies en rigtingspoor na Hondeklip na Kamieskroon
daar waar Namaqua Nasionale park se mense woon
snuffel die pad van Kamieskroon na Leliesfontein na Garies verby
soen die pad van Springbok om na Goegap Natuurreservaat te ry
waar bye kewers voëls en ander insekte in stuifmeel baljaar
die blomme was effe laat om te pronk in hul kleureprag vanjaar

Dan breek die tyd aan en arriveer die jaar se blom avonturier
van bakkies tot Mercedesse tot ‘n Jimny tot groot busse is hier
begin die groot soektog en sommer vinnig blomme vind
foto’s en video’s neem tot baljaar tussen die blomme soos ‘n kind
baie sjuutjies trap om die blomme skoonheid ongeskonde te laat
poseer tussen blomme as die son die beste blomskouspel toelaat
blomme vou skaam gesiggies toe in wolke en as die nag toevou
gooi die plant-voël-dier-reptiel-ampfibiese-soogdier in jou mengelmoeskardoesie gou
meng met Namakwaland se feeste blommeskou en staptoere elke jaar
en maak jou droom vir blomme kyk volgende jaar waar!




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      April 2, 2017

      linda jy het Namakwaland laat lewe in hierdie werk

    2. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 2, 2017

      Dis mooi wereld daardie, en jy het dit nou mooi vertel 🙂

      • profiel foto van Linda du Plessis

        Linda du Plessis

        April 2, 2017

        Baie baie dankie… pragtige herinneringe en sal graag weer die ervaring so gou moontlik wil geniet en ervaar!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Linda du Plessis

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 2

    Ek was 'n onderwyseres, getroud, het drie kinders en vyf kleinkinders. Ek was vir tien jaar hooforganiseerder en bemarker van die Boertjie Kontreifees op Bultfontein (www.vollaboertjiefees.co.za) en het verlede jaar uitgetree en is nou saam met my man permanent op toer om ons passie vir ons land, die natuur en diere deur fotografie uit te leef. Ek het so twee jaar gelede uitgevind dat ek gedigte kan skryf en het sopas my 200 ste gedig geskryf en my eerste boek "Suid-Afrika deur die oë van ons lense met kiekies en gedigte" voltooi wat binnekort na die drukker gestuur gaan word. Dit het 256 bladsye, 550 foto's met 55 bypassende gedigte. Ek is op Facebook onder Linda du Plessis en Gedigte, Rympies, Foto's en Geestelike pitkos. Ek sal graag wil opgradeer na 'n betalings opsie. Baie dankie en seënwense!

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 47 gaste aanlyn