Jongste aktiwiteit:

‘n Verlangversie (2)

ek verlang na jou
soos ‘n waterval van ‘n klipkrans hou
soos oewers na ‘n silwer stroom
en riete om ‘n dam wil soom

ek verlang na jou
soos ‘n wildevy aan rotse klou
soos ‘n aalwyn na haar winterblom
en Namakwaland na die lenteson

ek verlang na jou
soos duiwe van die ooptes hou
soos swaeltjies na die somer weer
so wens ek dat jy terug sal keer

soos ‘n malgas wat net eenmaal trou
só hunker ek vandag na jou

© Carma Shaw
3 Augustus 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed