‘n Tintel van lente
Dwaal saam die wind
op newels laag en hoog
verewig onverklaarbaar
dog vir altyd daar
En soos alles aangaan
totdat dit weer vervaag
wagtend, bedelend
ragfyn soos satyn
die nuwe sonneskyn
Om net te dwaal
in die wind se waai
is ‘n denkelose ‘voel’
en ek hoor die wind
en ek voel die wind
‘n tintel van lentelewe my kind
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek