Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Somer om te vergeet

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 20 Augustus 2017 Aantal woorde: 153 39 Kere gelees 3

Was dit die blou van die see,
was dit die geel van die son –
daardie één seisoen
was sy lief vir hom.

*

Somereinde het hy kom groet.
Skaars ‘n voet oor die rooi stoep gebaan,
half afsydig by die trap bly staan
langs die room pilaar.
So, asof hy vreemd was
aan daardie oorbekende plek.

Kom groet –
asof hy haar nooit leer dans het nie,
asof daar nooit skemeraande,
kaalvoete en ‘n strand was nie.
Asof sterre op die sand
(tussen rotse)
níks was nie.

Daardie dae was dinge anders.
Facebook, WhatsApp – wat was dit?
Totsiens was vir altyd.
Europa was ‘n baie ver plek.

Einde somer het hy kom groet,
só asof hy van alles wou vergeet.
En sy was te jonk om te weet –

*

dit was net die blou van die see,
net die goud van die son.
Maar daardie één seisoen
was sy lief vir hom.

© Carma Shaw
19 Augustus 2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Marisa J. Labuschagne

      Marisa J. Labuschagne

      Augustus 21, 2017

      Hierdie is so ‘n pragtige gedig. Baie dankie! Ek voel die emosie, nostalgie en die romantiek van die storie soos ek lees.

    2. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Augustus 21, 2017

      Ek love dit Viooltjie so teer

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 192
    Kommentaar telling: 707

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 77 gaste aanlyn