‘n Skoen van seisoen
Iewers op ‘n strand
lӗ ‘n verslete skoen
stukkend gegaan
van seisoen tot seisoen
Ek sien in my geestesoog
herfsblare val grys
oor verslete prag
sleep die swart wind
deur die koue nag
Oor strande van mǒre
vreet branders deur tyd
gloeiend sal daar
weer ‘n skitterson skyn
Somer – immer gejaag deur die lente
en gelok deur die herfs
bring ‘n intenser bewustheid van …
‘n nuwe lewe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek