Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Skoen van seisoen

Deur Palet
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 Aantal woorde: 68 28 Kere gelees 1

Iewers op ‘n strand
lӗ ‘n verslete skoen
stukkend gegaan
van seisoen tot seisoen

Ek sien in my geestesoog
herfsblare val grys
oor verslete prag
sleep die swart wind
deur die koue nag

Oor strande van mǒre
vreet branders deur tyd
gloeiend sal daar
weer ‘n skitterson skyn

Somer – immer gejaag deur die lente
en gelok deur die herfs
bring ‘n intenser bewustheid van …
‘n nuwe lewe




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Augustus 4, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus – As die seisoene draai projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 207
    Kommentaar telling: 294

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 80 gaste aanlyn

    Bydrae Totale