Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Raam vir my hart

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 21 Mei 2017 Aantal woorde: 83 76 Kere gelees 2

‘n Raam vir my hart

Gooi my woorde in die kuberlug
en wag vir jou om duim te lig
te wys jy het dit saam gelees
moet bieg – altyd ‘n bietjie bevrees
dat jy doodeenvoudig net verby sal gaan
of my miskien sal misverstaan
maar selfs as niemand reageer
nie eers as iemand kritiseer
demp dit die borrelende klank
wat onophoudelik deur my gedagtes rank
verfraai en versier die wit met swart
woord vir woord ‘n raam vir my hart

© Barbara Smit – 20/5/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Palet

      Palet

      Mei 22, 2017

      Baie mooi

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 36 gaste aanlyn