Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Plekkie vol sonskyn

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 16 April 2017 Aantal woorde: 91 109 Kere gelees 3

‘n Plekkie vol sonskyn

Weerloos wees en arm
koud-alleen op die perron vergeet
die lewe trek die donkerste wolke
soos ‘n gordyn oor my plek in die lig
kyk links en kyk regs met blinklose oë
drentel op en af met ‘n danslose stap
word wakker en gaan slaap
leef ‘n fokus-lose lewe
en wag en wag – ‘n eindelose gewag
kaartjie verfrommel
soos die droom in my hart
wag om kom haal te word
deur die heel laaste trein
na ‘n plekkie vol sonskyn
‘n plek sonder pyn.

© Barbara Smit – 16/4/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 18, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 62 gaste aanlyn