Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Pa se hart

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 10 Junie 2017 Aantal woorde: 109 62 Kere gelees 2

‘n Pa se hart

Verslae
aanskou ‘n pa
hoe spons sy kind
die wêreld op
en hoe die seun homself
klee in oranje, soos ‘n bandiet
hoe hy homself giet
in die vorms
wat hy oral om hom sien
verstom
sien die pa
hoe norms en tendense
die laaste sien
uit die kind se oë uitpik
en hoe die hand
van inwees visenteer
en boeie om die kind polse slaan

swygend bid die pa
uit ‘n betraande hart
dat God se stem
die weerstand
in sy kind se asem word
en pad skoonvee voor hom
en dat hy ongeskend
en ongebonde
die toekoms in kan loop.

© Barbara Smit – 9/6/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 10, 2017

      Wow …. baie sterk

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 47 gaste aanlyn