Jongste aktiwiteit:

‘n (on)waarskynlikheid

Soms sal ek op strande loop,
oor rotse klouter en op klippe trap,
met ‘n stokkie in vlak waterpoele krap.
Dalk vind ek daar ‘n klipvissie –
deur ebgety gelaat.

Maar eintlik soek ek net
na die sterre van die see,
wat sonder skyn
– in onderdompeling –
my immer tot verwond’ring bring.

*

Miskien sal jy nog eendag
saam met my deur branders loop,
sal sout ons wonde was,
ons stroop
van kwaad en nyd,
die selfsug in ons stryd –

maar dalk . . . tóg nie

© C. Shaw
18 Februarie 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed