Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n (on)waarskynlikheid

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 19 Mei 2017 Aantal woorde: 85 148 Kere gelees 5

Soms sal ek op strande loop,
oor rotse klouter en op klippe trap,
met ‘n stokkie in vlak waterpoele krap.
Dalk vind ek daar ‘n klipvissie –
deur ebgety gelaat.

Maar eintlik soek ek net
na die sterre van die see,
wat sonder skyn
– in onderdompeling –
my immer tot verwond’ring bring.

*

Miskien sal jy nog eendag
saam met my deur branders loop,
sal sout ons wonde was,
ons stroop
van kwaad en nyd,
die selfsug in ons stryd –

maar dalk . . . tóg nie

© C. Shaw
18 Februarie 2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Mei 22, 2017

      Ek was mos nou lank uit aksie uit en wat n fees is dit om n maandag ogegend met Carma se werke te begin

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 172
    Kommentaar telling: 695

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 76 gaste aanlyn