Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ma Marie

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 13 Junie 2017 Aantal woorde: 138 127 Kere gelees 1

Ma Marie

‘n stem
deurkoord met eindlose liefde
ingekleur met sagtheid
gebed en seën ingevleg
dag vir dag
woord vir woord
om reg te help
om koue te keer
die son te roep
jóú oog op die regte pad te gooi

‘n oog
fyn emosie evalueer
‘n lens wat voor- of agtergrond
kan fokus tot status
kan regtrek voor mens
kan optrek na God
‘n plus vergroot tot waarde
‘n min verklein met grasie
te sien ver meer as prisma kleur
te weet wat in jóú hart gebeur

‘n hart
wat dowwe drome soek
mislukte pogings optel
met trane blink polleer
en met geloof en hoop en liefde
in Moeder Gees onbreekbaar string
saam te snoer tot glinsterend juweel
gemaak om lig te vang
gemaak om vreugde te reflekteer
‘n sierraad vir jóú hals alleen

© Barbara Smit – 5/5/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Mei 8, 2017

      Netjiese werk, Barbara 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 66 gaste aanlyn