Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n loflied vir Mamma

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 9 Mei 2017 Aantal woorde: 111 136 Kere gelees Hou van

Dierbare Mamma, so kosbaar vir God. Daar is
Soveel gedagtes wat deur my vloei, soveel
herinnerings wat my ontmoet.
Swaarkrydae van gister, teëspoed wat ons lewenspad begroet het,
Tog, weggespoel in jou liefde, toegemaak in die omgeehart van ‘n ma.
Mamma daar is soveel dankies diep binne my.
‘n Lied in my hart wat meer as woorde kan sê.
Ma, jy is pappa, vriend en vriendin;
Jy gee antwoorde sonder dat daar vrae is,
rigting selfs wanneer ek nie verdwaal nie.
Hierdie refrein sing in my hart, Mamma: “Kosbaarder as die mooiste blom,
helderder as die son wat oor die berge opkom;
Wyser as tyd verby
Moeder, dit is jy!”




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 9, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek 

    2. profiel foto van Palet

      Palet

      Mei 9, 2017

      Mooi

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marisa J. Labuschagne

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 22

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 225 gaste aanlyn