Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Gelukkige hart vir moedersdag

Deur Palet
Datum gepubliseer: 8 Mei 2017 Aantal woorde: 85 234 Kere gelees 2

Al is die winter vinnig oppad
is daar vir altyd
somers in jou hart
waar die lewe kan psalms sing

Ek stuur vir jou die mooiste lof’liedere
wat in die donker blink
jou elke dag sal seӫn
al skyn die son nie na die reӫn

Pluk vir jou ‘n sonneblom
wat ek in ‘n plekkie in jou hart kan druk
soos die kleur van die see
skakerings van turkoois tot kobalt
sӗ dis somer!
al skyn die son nie na die reӫn




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 8, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 191
    Kommentaar telling: 288

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 68 gaste aanlyn