Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Engel op my pad

Deur OrangeBlue
Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 Aantal woorde: 365 151 Kere gelees 3

Vanmôre is ek stom oor hoe mense die Woord en die geskiedenis van Bybelse tyd, draai, verdraai omdat hulle net die helfte of selfs minder as die Waarheid ken of nie nagevors het nie, maar relaas daaroor lewer. Familiebande uitlê. Volke skep en rasse klas. Wie nou eintlik Eienaar is en wie kleur kaap. Is dit waaroor hierdie hele. Lydingstyd gaan?

Vanmôre is ek stom oor hoe mense die Woord, die geskiedenis van Bybelse tyd verdraai omdat hulle net die helfte of selfs minder as die Waarheid ken of nie nagevors het nie, maar relaas daaroor lewer. Familiebande uitlê. Volke skep en rasse klas. Wie nou eintlik Eienaar is, wie kleur kaap. Is dit waaroor die Lydingstyd gaan?

Ek onthou toe ek die eerste keer in Sy oë gekyk het. Upington. Sy stem die vrees in my gestil het. Sy hand oor myne na Hy my beskerm het. Wat my hand nou oor ‘n kladbloekblad lei:

“Kyk, dis nes ons patroontjies gemaak het. Ons maak net een “C” – vasteskrif. Saggies op en hard af. Sien?”

Ek wonder hoekom hy my help. Hy’s tog slimmer as ek. Hierdie seun wat my tas sedert Sub A dra.

Beroerte het nie ontsag vir die lewe, vir ‘n mens nie. Beroerte maak jou ‘n in-mens wat van binne na buite kyk – altyd uitkyk, wat ander jou laat miskyk.

Voor beroerte jou kom pootjie het, was jy die hand aan die stuur van sake. Nou bestuur ander hande jou en jou belange. Altyd tot jou beswil. Niemand vra meer na jou wil, want jou tong is lui en jou stembande hang slap soos gebreekte snare aan ‘n kitaar.

Almal leef oor jou, deur jou, uit jou, in jou, tog verby jou. Jy het onsigbaar geword, onsienlik om na te kyk, ‘n las te groot om na om te sien.

So af en toe wanneer  ‘n hoesbui jou betrek, jou asem steel, donker sy gordyne oor jou oë trek, sal ‘n stem opklink: “Pa … ma,” voor die stem se voeteval gang af verdwyn.

Jy begin na binne skinder, jy laat toe dat jou Skepper jou leer, hoe en wat Hy in hierdie wêreld begeer.

 

©Orange Blue

 




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Maart 25, 2017

      Dankie vir jou GrysKrag inskrywing, onthou om jou besonderhede asb te e-pos na skryfafrikaans@ink.org.za

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van OrangeBlue

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 9
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 63 gaste aanlyn