Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My vorige liefdes

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 22 Julie 2017 Aantal woorde: 116 46 Kere gelees 1

So baie het eens op ‘n tyd
my hart besit,
en partykeer verlang mens na hul,
maar jy kan dan net dagdroom,
deur aan daai tye,
goed en sleg,
terug te dink,
op daai liefdeskontrakte was ‘n nul,
want ons het nooit,
vir ons verhoudings gebid.

Hard het ons aan daai les geleer,
en vandag is baie van hulle gelukkig getroud.
Al moes ons hartjies breek,
was dit ‘n klein prys om te betaal
vir die regte ware liefdes,
om ons te kom haal.

So aan al my vorige liefdes,
baie baie dankie,
julle word werklik gemis.
Die liefdes wat ons kon deel,
Was natuurlik glad nie gewis.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Timothy Timmie De Vos Botha

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 117
    Kommentaar telling: 46

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 66 gaste aanlyn