Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MY KIND

Deur Eleen van Deventer Vorster
Datum gepubliseer: 29 September 2017 Aantal woorde: 140 52 Kere gelees 5

MY KIND

Vers1
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
die stad is net ‘n gejaag na wind
kom huistoe dat jy vrede kan vind

Vers2
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
my kind hier verlang ons na jou
kom terug om jou toekoms hier te bou

Vers3
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
my kind jy is bleek en afgemat
jy wys littetekens van die stad

Koor
Die vlaktes roep na jou my kind
en stuur sy boodskap, saam met die wind
die rustigheid sal jou gemoed laat rus
en weer laat wees die mens wat jy is

Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Eleen van Deventer Vorster

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 41
    Kommentaar telling: 31

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 45 gaste aanlyn

    Bydrae Totale