Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My ink is op

Deur Andri
Datum gepubliseer: 18 Junie 2017 Aantal woorde: 73 104 Kere gelees 4

Ek sit vandag my pen neer,
Ek gee vandag nie meer myself
My ink is op
Die woorde eens gehad
Vloei uit ‘n hart van smaad

Wat is ek werd
Behalwe hierdie snert
Gestoor in hierdie kop
Van woede, weemoed
En sommer net…
Weer en weer en weer
My ink is op

Dieselfde storie
Hiermee dan my lewe
Slyt ek
Die deure van my hart
is finaal vandag gesluit
My ink is op




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Andri

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 6
    Kommentaar telling: 0

    Ek is 'n gekwalifiseerde 36 jarige kleuter onderwyseres wat ook naskool onderwys doen, met baie ondervinding.  Ek het 'n blad Teach Your Kid op Facebook begin en wil graag my kennis van kinders inkorporeer met my skryf.  Ek skryf graag kinderstories en artikels wat nuttig is vir ouers en onderwysers.  Ek skryf ook gedigte, waaronder geestelik, gewoon en vir kinders.  Hoop ek kan hier 'n verskil maak 🙂

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 21 gaste aanlyn