Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My Binnekamer

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 18 April 2017 Aantal woorde: 122 57 Kere gelees 2

in my binnekamer
staan ek alleen van pretensies gestroop
naak voor U met al my rou met al my seer
in my binnekamer
val my wêreld-mombakkies af
die een met die aangeplakte lag
lê in skerwe op die grond
in my binnekamer
val ek smekend voor U neer
kan ek bely
ek is net ‘n stukkende kruik met geen gebruik
kan ek 7×77 en meer keer smeek
Heer vergewe my
in my binnekamer
word potskerwe sagte klei
wat U tot iets diensbaar brei
in my binnekamer
is die wêreld se stem uitgedoof
kan ek vrede vind
red U my siel
kan ek U loof
is ek U kind
word my binnekamer ‘n skatkamer
waar mot en roes nie kan verniel




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 28 gaste aanlyn