Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: My beminde in droom

Deur Amazon
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2017 Aantal woorde: 133 18 Kere gelees 2

Bruin gebrand aantreklik verby
om in sy skaduwee te sit is hemels
sy liefde soet gegeur met ‘n glimlag
hou hy my vas tussen die lelie van dale

omring is ek met sy sterke arms
keurig verkwik ek my in sy nabyheid
soos ‘n klok klink sy stem in my ore
terwyl sy lippe oor my nekke speel

my beminde is myne en ek is syne
wat herder is onder die lelies
sy bene is soos marmer pilare
sy liggaam die kunswerk van ivoor

op my bed het ek hom gesoek
my sielsbeminde nie gevind
totdat die aandwind waai
en die skaduwees vlug

my beminde in ‘n droom
‘n vae onthou so naby tog so ver
roep ek die aandster nader
in oogwink verby my beminde weg

Geskryf deur Louisa van Vliet (Amazon




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Amazon

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 43
    Kommentaar telling: 18

    Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 49 gaste aanlyn