Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Mis jou so Mamma!

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 15 April 2017 Aantal woorde: 159 181 Kere gelees 2

Mis jou so Mamma!

My voete bly so koud Mamma
want jy is nie daar
om ‘n kombers oor my te gooi
met jou gebede te keer
dat aards-goed my meesleur.

My oë voel bitter swaar Mamma
want jy is nie daar
om vlinders en blomme vir my te wys
met jou wysheid my te lei
dat die lewenskadu’s agter my bly

My dag voel leeg Mamma
want jy is nie daar
om dit op te vrolik
met jou humor in te kleur
die huis te vul met jou lieflike geur

My hart voel dom Mamma
want jy is nie daar
om vir my te vertel
hoe om ‘n mens-boom reg te snoei
en hoe om mostert saad te groei

‘n Troos vir my Mamma
as ek jou hande werk bekyk
sien hoe blom jou tuin keer op keer
as ek jou resepte een vir een probeer
jou briefies lees, weer en weer…en weer.

© – Barbara Smit 05/04/2016




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      April 20, 2017

      Hoe laat jy my nou n lang traan stort. Al is die lewe hoe volmaak voel ek elke dag wees en eensaam sonder haar. Ek mis my ma so baie…

      • profiel foto van Barbara

        Barbara

        April 20, 2017

        Die seer raak beter…maar die verlang net meer. Mis my ma net so! xx

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 48 gaste aanlyn